fbpx

Balkie vir Beste Vordering

Ju
Junovine

Januarie 2015, was Junovine se eerste jaar in graad 1 by Laer Meisieskool La Rochelle. Twee weke nadat die skool begin het, het ek ‘n nota vanaf haar juffrou ontvang dat sy my dringend my wil sien. Die nuus wat sy oorgedra het aan my was ontstellend. Ek het in trane uit gebars…. Haar woorde was soos volg: “Jammer mamma, maar dit lyk of Junovine nog ‘n jaar in graad 1 gaan bly. Sy is nog nie op die vlak wat ‘n dogtertjie van haar ouderdom en graad moet wees nie.”

Aanvangsassessering was gedoen op alle leerlinge. Junovine kon nie:

  • Luister na instruksies en dit volg nie
  • Beginklanke van woorde herken en sê nie
  • Potloodgreep
  • Visuele geheue
  • Ouditiewe geheue
  • Adres en telefoonnommers ens. onder die knie kry nie.

Ek het my dogter Bianca ingelig oor die vergadering. Ek was stukkend van binne en het gevoel dis my skuld. My dogter Bianca het met my gepraat en verduidelik ons moet net ons koppe bymekaar sit en kyk wat ons kan doen.

Die volgende oggend kry ek ‘n oproep vanaf Bianca om te sê: “Mammie daar is hoop… ek het heel aand gegoogle en het op iets afgekom wat moontlik kan werk.” As ek reg onthou het Bianca vir Louna ‘n e-pos gestuur voor middernag daardie aand. Louna het vinnig terug gekommunikeer en ’n afspraak gemaak vir 27 Februarie 2015 om 14:00. Ons was so bly om van haar te hoor en kon nie wag dat die dag moet aanbreek nie. Die assessering met Louna het goed afgeloop en sy het ons die pad vorentoe verduidelik.

Ons het nog nooit gehoor van Edublox nie. Ek wens net dat ek vroeër daarvan geweet het, want Bianca was ook by La Rochelle — sy moes graad 2 oordoen, want sy was nie op die standaard wat sy moes wees nie.

Verbetering en verandering

Ons het veranderinge en verbetering in Junovine gesien wat regtig wow is… Sy was Saterdae vroeg op om haar sigwoorde te lees, te spel, klank en skryf; sy kon nie genoeg praat van skool en wat sy alles nuut geleer het nie. Sy het so baie gepraat ons moes haar soms vra om op te hou — wat eintlik verkeerd is. Selfs as ons uitgaan strand toe moes ons al die pad daarheen somme doen. Sy het meer vertroue in haarself en wat sy doen gekry.

Ons het later in die jaar 2015 weer ‘n ouervergadering gehad. Haar juffrou kon nie ophou praat oor hoe vinnig Junovine by die res van die kinders uitgekom het nie. Sy het ons aangemoedig om, wat ons ookal doen, daarmee vol te hou. Dis wonderlik!! Dis nie al nie, Junovine het die einde van die tweede kwartaal ‘n balkie ontvang vir die leerling in haar klas wat die beste gevorder het. Ons kon dit nie glo nie en het haar beloon deur na die Disney on Ice-show te gaan kyk. Dit is wonderlik. Junovine kon lees op haar eie, nie met vinnige spoed nie, maar sy kon lees. Sy kon haar naam, van, adres, ons telefoonnommers onthou en skryf. Haar handskrif het verbeter en soms kry sy nog die d’s en b’s deurmekaar, maar gou genoeg kom sy haar fout agter.

Dit maak ons regtig trots om te sien dat Junovine so mooi vorder op skool; selfs met die egskeiding van haar ouers en passing van haar ouma en oupa. Met Junovine se voetoperasie in Augustus en al die opvolgbesoeke aan die hospitaal was sy 25 dae afwesig vir die jaar. Dit was iets om oor bekommerd te wees, want ons was bang sy raak agter, maar met die hulp van Edublox was dit glad nie ‘n probleem nie.

Nog verbetering nodig

Alhoewel ons baie tevrede is met Junovine se vordering by die skool kan sy nog heelwat verbeter in sekere aspekte bv.

  • Handskrif – dis nog bietjie skeef en krom, maar sy is amper daar
  • Om op haar eie sinne self uit te dink en neer te skryf
  • Lees – om met begrip te lees
  • Wiskunde – kan nog verbeter

Davine Griffiths


Junovine se rapport

Ju 2

Share Button

Davine Griffiths Junovine se moder

Skip to toolbar