fbpx

Leer Nou Pret Vir Marie

Marie Comhair
Marie Comhair

From: janeanoosthuizen@….. [mailto:janeanoosthuizen@…..]
Sent: Monday, July 20, 2015 5:18 PM
To: [email protected]
Subject: Marie Comhaire
Importance: High

Hi Nicolene,

Graag wil ek van hierdie geleentheid gebruik om om vir jou baie dankie te se vir wat julle vir Marie doen. ‘n Mens kan duidelik ‘n verbetering in haar skoolwerk sien. Vir ‘n kind wat laas jaar September op Graad 1 vlak gelees en spel het dink ek sy doen besonders goed. Waar sy laas jaar nie haar assesserings in die klas kon gedoen het nie doen sy nou so goed in dit.

Om te dink baie mense het vir my gesê ek moet haar liewers in ‘n skool sit wat kinders soos sy kan help. Ek het op ‘n goeie manier geleer dat ‘n kind met ‘n leerprobleem wel gehelp kan word indien mens hulle op hulle manier help leer.

Skoolwerk is nou lekker. Ons leer op haar manier en dit maak so ‘n groot verskil. Sy konsentreer baie beter vandat sy by julle is. Sy glo weer in haarself en glo sy kan dit doen. Laas jaar het sy geglo sy is dom maar nou is sy so gemotiveerd. As sy haar rapport oopmaak en sien hoe sy gedoen het dan besef ek al hierdie harde werk is die moeite werd.

Dankie vir julle. Dankie dat julle my kind weer in haarself laat glo het. Sy is reg vir kwartaal 3 en wil beter doen as wat sy gedoen het. Julle het gehelp meer as wat julle ooit kan besef.

Ek sal Edublox enige tyd aanbeveel vir enige ouer. My kind lees baie beter en sy verstaan nou wat sy lees. Hier waar ek as ouer sit weet ek dat enige kind gehelp kan word met die regte onderrig en hulp.

Dankie Edublox Krugersdorp. Nicolene julle doen wonderlike werk. Ek dink wat so baie help is omdat jy as ouer verstaan hoe ons as ouers voel. Disleksie is nie die einde van die wêreld nie. Dit is maar Unieke kinders wat op Unieke maniere moet leer. Leer is nou soveel pret in ons huis.

Duisende dankies.

Janean Oosthuizen
Marie Comhaire Rapport 2


Opvolg, 31 Maart 2016:

Marie is in Maart 2014, op die ouderdom van 10 jaar en 10 maande met disleksie gediagnoseer:

Scan 10003

In Maart 2016, op die ouderdom van 12 jaar en 10 maande en nadat Marie vir ‘n jaar Edublox-klasse bygewoon het, word dieselfde toets deur dieselfde skoolberader afgeneem. Marie het, volgens die toets, disleksie oorkom:

Scan 10001

 

Share Button

Janean Oosthuizen Marie Comhair se moeder

Skip to toolbar