fbpx

Lees, Leesbegrip, Selfvertroue en Skoolprestasie Verbeter


Wiehan

2014, Wiehan se moeder vertel:

Wiehan het swak gevaar op skool. Sy grootste probleem was lees en spelling, leesbegrip en konsentrasie. Wiehan raak gou senuweeagtig in ‘n vreemde omgewing of sodra hy in die ‘lig’ geplaas word. Ek het Edublox genader as ‘n bekommerde ouer en die feit dat ek Wiehan wou help.

Wiehan het in Julie 2014 by Edublox begin. Binne ‘n paar weke het hy met meer selfvertroue begin lees. Sy punte in die derde kwartaal het in party vakke amper verdubbeld. Een groot ding van Wiehan is dat hy selfvertroue opgebou het. Hy het weer in homself begin glo. Met die laaste kwartaal was sy punte nie so goed nie, maar dis omdat hy self begin leer het. Hy het begin fokus, meer in detail begin lees en meer verstaan wat hy lees.

Wiehan se 2014-skoolrapport:

Lombard

Begin 2015:

Wiehan begin 2015 op ‘n heel ander noot. Hy doen self sy huiswerk en ek sien dit net na. Hy lees makliker ‘n vraag om dit makliker self te antwoord. Hy vind so baie genot uit elke week se twee klasse. Na die klasse is Wiehan baie meer positief en baie meer opgewonde.

Ons bou baie aande woorde. Ek het die alfabet uitgeknip en hy geniet dit so dat hy baie aande 20 tot 30 woorde spel. Hy hou aan probeer waar hy voorheen al lankal sou tou opgooi. Hy begin hardop naamborde lees soos ons ry en al is dit dalk nie 100% nie sou hy dit nooit voorheen gedoen het nie. Hy lees ‘DVD covers’ vir die name waar hy voorheen na die prente sou kyk! Wiehan luister meer in die klas en kom vertel elke dag wat hy geleer het, waar hy dit nooit gedoen het nie.

Wiehan se selfvertroue groei daagliks. Hy pak baie dinge self aan. Hy het geleer om op te staan vir homself. Hy is mal oor Edublox; Louna en haar personeel laat hom tuis voel. Hy werk met elke les baie hard en geniet die resultate. Edublox het in baie opsigte Wiehan verander ― als BAIE POSITIEF!

Annalize Lombard


OPVOLG 1 – Wiehan se 2015, 3de kwartaal-rapport:

Vir die eerste keer het hy twee 7’s op sy rapport!

Wiehan Rapport


OPVOLG 2 – Einde 2015, Wiehan se moeder vertel verder:

Ons is vandag trotse ouers van ‘n seun wat ‘n sertifikaat van verdienstelikheid ontvang het in al sy sewe vakke. WOW Wiehan, ons is trots op jou. Om die kersie op die koek te sit is hy verkies tot die leerlingraad van sy skool, ‘n seun wat slegs sewe maande lank in die skool is. Elke kind het ‘n passie of talent, elke kind moet dit ontdek en glo en dit uitleef. Wiehan is ‘n voorbeeld van ‘n kind wat nooit moed op gegee het nie, wat gevorder het van nie aanvaar word op akademiese vlak en deur kinders geboelie word, tot ‘n seun wat vandag staan met ‘n breë bors en sê, “Ek het dit gemaak!” Edublox het Wiehan leer beter lees, skryf en leer. Edublox het Wiehan se selfvertroue ‘n groot hupstoot gegee. Verder het hy self besluit om die leisels te vat en iets beters daarvan te maak. TROTS OP JOU WIEHAN.

Annalize Lombard

wl-01


OPVOLG 3 – Mei 2016, Die Burger berig oor Wiehan:

Wiehan Die Burger 16 Mei 2016

Share Button

Annalize Lombard Wiehan se moeder

Skip to toolbar