fbpx

Lees, Spel, Skrif en Selfbeeld Verbeter!

Feedback.3185717_stdIn Graad 2 het ek agtergekom dat Abraham sukkel om te onderskei tussen klanke en letters. Ons het hom laat toets by die skool se terapeut wat ons verseker het dat dit nog baie vroeg is en dat ons nie bekommerd hoef te wees nie. In Graad 3 het dit nie beter gegaan nie en op aanbeveling van die skool het ons XXXX XXX (naam van leessentrum uitgelaat) en XXXX XXXXXX (naam van leessentrum uitgelaat) probeer. Gou was hy verveeld met die klasse en wou hy nie meer gaan nie. In Graad 4 het ek hom laat toets vir disleksie aangesien daar byna geen verbetering in skoolwerk was nie. Die verslag het voorgestel dat ons remedierende onderwys moet oorweeg. Ons vir 2 jaar met remedierende onderwys volgehou ten spyte van sy negatiwiteit en klagtes oor die herhaling van goed wat hy reeds weet!

In Graad 6 het die skool ons ingeroep en voorgestel dat ons moet aansoek doen vir orale eksamen aflegging aangesien sy spelling en sy skrif van so aard is dat die onderwysers nie kan lees of uitmaak wat hy skryf nie. My kind (en ek) was platgeslaan; hy het nagte omgehuil, wou nie skool te gaan nie en was moeg vir die ekstra klasse en die een toets op die ander! Hy was ook glad nie te vinde vir mondelinge eksamens nie! Sy selfbeeld was swak en hy het geglo dat daar iets vreesliks met hom fout is!

Uit desperaatheid het ek op die internet begin soek na ‘n oplossing. Ek het opgelees oor disleksie, met terapeute en sielkundiges gepraat om ‘n plan te kry om my kind te ondersteun, op my kniee gegaan en gebid vir ‘n oplossing. Uiteindelik het ek op Edublox se webtuiste afgekom. Wat my aandag gevang het was die mening dat daar nie iets soos disleksie is nie. Ek het geskakel en ons het met groot oortuiging en motivering Abraham so ver gekry om nog een keer te probeer en vir die toets te gaan.

Groot was my verligting toe Edublox my verseker het dat dit definitief aangespreek kan word! Ons het in Mei 2010 begin met 2 klasse per week en in September oorgegaan na 1 klas per week. Ons het ons huisroetine aangepas om seker te maak ons doen die oefeninge saam met hom. Nog groter was my verligting toe hy eendag vir my vertel dat Edublox werk en dat hy baie beter lees en spel. Sy selfbeeld het verbeter en onderwysers vra wat het ons aan die kind gedoen dat hy so positief is! Alhoewel sy punte nie drasties verbeter het nie, bly dit konstant ten spyte van ‘n klasgemiddeld wat daal. Sy skrif het aansienlik verbeter en ek het ‘n baie gelukkiger kind wat uitsien na die klasse!!

Ons is nog nie klaar met Edublox nie! Abraham se skrif en spelling kan nog verbeter! Sy droom is om veearts te word en ons het nog ‘n lang paadjie om te stap om die punte reg te kry vir toelating, maar ons het alreeds die eerste stappie geneem en die resultate gesien! Ons gaan verseker bly totdat ons die doel bereik het!

Dankie aan Susan en die Edublox span. Julle het so groot aandeel in my kind se lewe, ek is dankbaar dat ek die nie moed opgegee het nie en dat daar mense is soos julle is wat werklikwaar help!

Alida Smit
Januarie 2011


Opvolg, April 2011:

Abraham se eerste hoërskool-rapport. Tale het mooi verbeter; Wiskunde en Ekonomiese & Bestuurswetenskap kort nog aandag.

Abraham se verslag

Opvolg, Oktober 2011:

Abraham is klaar met Edublox-klasse, en byna ook met Studiblox, ons studiemetode-kursus. Sy gemiddeld is nou 4% hoër, en sy punte vir Wiskunde en Ekonomiese & Bestuurswetenskap het verbeter. Mooi Abraham, mik nou vir 75%!

Abraham se verslag


 

Abraham se brief

Opvolg, Desember 2012:

Abraham het ‘n jaar gelede klaargemaak met Edublox en sy punte styg steeds. Sy gemiddeld is nou 73%!

Abraham se verslag


Opvolg, 9 September 2016:

Abraham is ‘n student by PUKKE. Alida Smit skryf: “Abraham het in sy AGLA (ek is seker jy weet van die vak op Universiteit) 273 woorde per minuut gelees, met 100% begrip!!!! Hy is soo bly daaroor. Ek dink om te slaag moet jy 207 wpm met 80% begrip lees. Ek dink dit is fantasties vir ‘n kind wat so gesukkel het op skool!”

Share Button

Alida Smit Abraham se moeder

Skip to toolbar