fbpx

Monica Verander In ‘n Blom

Monica
Monica

Aan Edublox

Graag wil ek Edublox Bloemfontein bedank vir wat hulle als doen. Die ondersteuning wat ons kinders daar kry en hoe dierbaar hulle is. Daarom kan ek met groot vreugde en trots in my hart sê dat my kind Monica van der Berg nog nooit so gelukkig was soos wat sy tans is nie.

Ons het Monica verlede jaar Februarie 2015 ingeskryf by Edublox, na soveel ander pogings om haar te help. Sy was by twee ander skole in Bloemfontein, waar sy net nie kon inpas of vordering wys nie en elke dag was vir haar ‘n nagmerrie. Sy wou niks weet van skool toe te gaan nie. Sy was altyd humeurig en het geen lus gehad om eers op te staan nie. Om nie eers te praat van huiswerk wat sy ontvang het nie. Sy het altyd net gekrap in haar boeke en groot sirkels gemaak. Geen belangstelling getoon nie. Geen maat gemaak nie, altyd in haar eie wêreld.

Ons was al vanaf Graad R aangeraai dat sy moet gaan vir sielkundige evaluasies. So gedoen, en vele sielkundige evaluerings is op Monica gedoen. Die beste van als is, dat geen sielkundige of vorige onderwysers ons regtig kon uitwys wat haar tekortkominge en probleme was nie. Dit was net altyd ‘n kwessie van, jou kind sal na ‘n spesiale skool toe moet gaan, sy sal nooit regkom nie! Sy is stadig en sal nie die druk kan hanteer nie.

Sy het al soos ‘n mislukking gevoel, omdat sy niks reg kon doen nie en sy net verder afgebreek word deur sielkundige verslae en vorige onderwysers. Sy moes Graad 2 twee keer herhaal as gevolg van haar tekortkominge. Monica het haarself al as ‘n dom kind gesien. Ek kan dus die volgende opnoem, hoe my kind verander het in ‘n BLOM by Edublox.

Met die eerste afspraak is ‘n paar toetse gedoen en dadelik het ons ‘n antwoord gekry op al haar probleme. Hoe wonderlik. Monica kan nie die mure bou as haar fondasie nie gelê is nie, en dis presies wat almal by Edublox vir my kind gedoen het. Sy het in die eerste jaar wat sy by Edublox is als ingehaal vanaf Graad R tot Graad 3, sal ek sê. Die basis is gelê met eenvoudige riglyne wat jy saam jou kind kan doen om die brein te stimuleer.

Daarom GROOT DANK VIR EDUBLOX BLOEMFONTEIN
Juffrou Annelize Lategan
Juffrou Monica
Juffrou Ann

Vir julle liefdevolle harte en julle persoonlike aandag wat jul aan al die kinders verskaf. Die motivering wat jul gee om hulle spesiaal te laat voel.

Monica se persoonlikheid het heeltemal verander (meer spontaan).
Sy het nou meer selfvertroue.
Haar konsentrasie en geheue het verbeter.
Sy hoef nie meer op haar vingers te tel nie.
Sy kan begin lees en klank.
Sy doen soms haar wiskunde sommer op haar eie.
Sy het nie meer woedebuie nie.
Sy het nou ‘n belangstelling om te leer.
Skrif het wonderlik verbeter — sy krap nie meer nie.

MONICA IS GELUKKIG EN GENIET DIT OM SKOOL TOE TE GAAN!!

Groete

Mev. C Grant

Share Button

Mev. C Grant Monica se moeder

Skip to toolbar