fbpx

Henro Word ‘n Selfstandige Leerder

Henro
Henro

Ek het geweet Henro het ‘n leesprobleem, maar nie besef hoe erg dit werklik was totdat hy deur Edublox getoets was nie!!!

Ek het daarna Henro ingeskryf vir die “intensiewe een-op-een kursus,” net voor hul eindeksamens in 2015. Groot was my verbasing toe hy die kursus nie net baie geniet het nie, maar ook die sentrum se Sequence 3-rekord van 53 blokkies breek!

Maar my grootste verbasing was toe Henro die volgende week uit sy eie uit, en alleen, opsommings gemaak het vir al sy leervakke, waar ek dit voorheen vir hom moes doen.

Ek het senuweeagtig van die kantlyn af aangemoedig en vitamienes aangedra, maar Henro was vol van ‘n nuutgevonde selfvertroue en het al die “swotwerk” alleen aangepak. En ek is trots om ‘n foto van sy rapport aan te heg – 25ste plek uit 135 Graad 7 kinders!

Henro lees ook nou sommer net vir die lekker daarvan! Hy het selfs met sy sakgeld ‘n paar “Dagboek van ‘n Wimp”-boeke gekoop!

Henro lees nou baie meer vlot en dit is fantasties, maar vir my as moeder is die selfvertroue en pure liefde vir lees wat Edublox vir hom gegee het, onmeetbaar!!

Therese Steyn
Krugersdorp


Henro Steyn

Share Button

Therese Steyn Henro se moeder

Skip to toolbar