fbpx

Vordering in Konsentrasie, Lees en Spel Na Vier Weke

XvdW
Xander

Ons het begin graad 2 vermoed dat Xander ‘n lees- en konsentrasie-probleem het, nadat ek hom na Bryandale Primary geskuif het.

Hy het onmiddellik met spraak- en remediërende terapie begin maar na 18 maande het hy maar min vordering getoon. Ek het besluit om iets anders te probeer en het op Edublox se webtuiste afgekom. Ek het dadelik in kontak met Monique getree en Xander is die volgende dag getoets, en die week daarop het hy met lesse twee keer ‘n week begin.

Na vier weke het ek vordering in sy konsentrasie, lees en spel opgetel. Sy weeklikse Afrikaanse en Engelse toetspunte het drasties begin optel en so ook sy selfvertroue.

Sy rapportpunt vir Engels het in die derde kwartaal met ‘n hele punt opgetel, maar weens wiskunde het hy die derde kwartaal nie geslaag nie.

Sy onderwyser wou Xander help deur aansoek te doen vir ‘n leser gedurende eksamens en ons moes hom deur ‘n sielkundige laat toets. Die resultate het teruggekom en bevestig dat Xander ‘n leerprobleem het en ook dislekties is.

Baie hartseer, het ek dadelik in kontak getree met Monique om Xander se resultate te deel en om te hoor of hy op die regte program is vir sy probleem. Monique het sonder om te twyfel vir my gesê dat hy by die regte plek is en op die regte program is vir sy probleem.

Daar lê nog baie harde werk voor vir Xander maar ons is baie positief, ons glo dat die hulp wat hy by die skool en Edublox kry hom nog baie meer gaan help met sy lees en spelling en die belangrikste sy selfbeeld in die toekoms.

Baie dankie Edublox en personeel vir alles wat julle vir Xander doen.

Groete
Elize Van Der Westhuizen


‘n Voorbeeld uit Xander se skoolskrifte, 19 Junie 2015:

Writing 1

3 November 2015:

Writing 2

Share Button

Elize Van Der Westhuizen Xander se Moeder

Skip to toolbar