Aandag Onderwysers: Verdien 5 CPD-punte met ‘Skoene vir die Leespad’

Edublox fasiliteer ’n opwindende projek in samewerking met die Noordwes-Universiteit (NWU) om onderwysers te help om leesprobleme, en oplossings daarvoor, beter te verstaan.

Die ‘Skoene vir die Leespad’ werkswinkels is ontwikkel saam met die navorsingsgroep vir Kognitiewe Onderrig (CogEd) by Optentia, NWU, in samewerking met IACESA (International Association for Cognitive Education in Southern Africa). Hierdie werkswinkels duur 2.5 ure, en onderwysers word beloon deur 5 CPD-punte vir bywoning.

Die inhoud hiervan poog om bewustheid te kweek oor leesprobleme in Suid-Afrika, asook:

  • Die oorsprong van leesprobleme
  • Die simptome en oorsake van leesprobleme
  • Die omvang van onderwysers se verantwoordelikheid
  • Hoe om ʼn aksieplan te ontwikkel vir die klaskamer

Edublox opvoedkundige praktisyns, wat ook IACESA lede is, is eksklusief opgelei om hierdie werkswinkels regoor Suid-Afrika aan te bied. Die kostes beloop R70 vir IACESA lede, R50 vir studente en R100 per sessie vir nie-lede van IACESA.

Onderwysers wat belangstel om hierdie werkswinkel na hulle area te bring, kan gerus hulle naaste Edublox-kantoor kontak.

Share Button
August 22, 2018

Leave a Reply

avatar
  Subscribe  
Notify of

Setup Menus in Admin Panel

Skip to toolbar