fbpx

Leer Afrikaans: Wanneer Gebruik Ek ’n Afkappingsteken?

Die afkappingsteken word gebruik by meervoudsvorme en verkleiningsvorme van naamwoorde wat op die vokaalletter

i

o 

u 

en ‘n

beklemtoonde a

eindig.

Oefen die onderstaande woorde saam met jou kind deur die woorde hardop van links na regs te lees:
.

kiwi:  kiwi’s  –  kiwi’tjie

mini:  mini’s  –  mini’tjie

Israeli:  Israeli’s  –  Israeli’tjie

foto:  foto’s  –  foto’tjie

radio:  radio’s  –  radio’tjie

disko:  disko’s  –  disko’tjie

video:  video’s  –  video’tjie

balju:  balju’s  –  balju’tjie

skadu:  skadu’s  –  skadu’tjie

ma:  ma’s  –  ma’tjie

stiefpa:  stiefpa’s  –  stiefpa’tjie

hoera:  hoera’s  –  hoera’tjie

.

Meervoude waar afkappingsteken nie gebruik word nie:

  • oumas, paddas, malvas (klem is nie op die “a” nie)
  • revues, tantiemes (eindig op “e”)
  • agies, magies, donkies, makieties (eindig op ‘n “ie”)
  • skaduwees, weduwees (eindig op “ee”)
  • leeus (leeu eindig nie met ‘n “u” nie, maar ‘n “eeu”)

Dieselfde reël geld vir verkleining.
.
Aan watter ander woorde kan julle dink wat nog met ʼn afkappingsteken geskryf word?



 

Share Button

Leave a Reply

avatar
  Subscribe  
Notify of
Skip to toolbar