fbpx

As Jou Kind Sukkel met Engels

Boy hates schoolwork“My 14-jarige seun is tans in Graad 8. Hy sukkel met Engels as tweede taal, en het tot dusver Engels net-net deurgeskuur. Ons gaan iets moet doen om hom te help want anders gaan hy beslis druip,” skryf Mariaan Gouws. Mariaan se probleem is nie uniek nie. Baie kinders sukkel met die aanleer van ‘n tweede taal.

“Om ’n tweede taal aan te leer is ’n goeie ding want dit bevorder mens se breinkrag,” sê Susan du Plessis, Direkteur van Opvoedkundige Programme by Edublox.

“Navorsers aan die Universiteitskollege van Londen het byvoorbeeld bewys die breine van 105 mense bestudeer, waarvan 80 tweetalig was. Die navorsers het tot die gevolgtrekking gekom dat die aanleer van ’n nuwe taal ons grysstof op dieselfde manier verander as wat oefening ons spiere bou. Die aanleer van ’n tweede taal kan egter ’n groot uitdaging wees en, vir sommige, selfs ’n struikelblok op die pad na sukses.”

Behalwe vir die voordele wat dit vir ons brein inhou, is dit belangrik dat ons kinders Engels magtig raak. Engels is tans die taal wat die meeste gebruik word, met meer as 1,8 miljard gebruikers wêreldwyd. Dis die taal wat gebruik word in die wetenskap, die tegnologie, internet en sport. Enige persoon se kans om akademies en in die werkplek suksesvol te wees, word geweldig verhoog indien hy of sy Engels behoorlik magtig is.

Om ’n tweede taal te kan aanleer verg dieselfde stappe as die aanleer van ’n eerste taal, verduidelik Susan en gee praktiese raad oor hoe elke stap bemeester kan word:

1. Ons moet die taal behoorlik verstaan
2. Ons moet daartoe in staat wees om die taal te praat
3. Ons moet leer om te lees en te skryf in die taal

1. Verstaan die taal

Die enigste manier om taalvaardig te raak is om voldoende geleenthede te kry om die taal te hoor. Daar moet ook genoeg herhaling van dieselfde woorde, frases en grammatikale strukture wees.

‘n Praktiese manier waarop mens ’n kind kan blootstel aan genoeg geleenthede om ’n taal te hoor is deur hom te laat luister na opnames of stories in daardie taal. Sulke opnames of stories moet nie langer as 10 minute wees nie. Maak ’n opname van die storie en maak seker jy lees dit so duidelik moontlik. ’n Ander alternatief is om ’n gepaste storie aan te koop.

Dan het mens ook ’n CD-speler, iPod of MP3-speler met ’n outomatiese terugspeelfunksie nodig.

Hierdie opname moet nou daagliks vir ten minste ’n uur vir ‘n kind gespeel word. Dis egter nie nodig dat hy stil sit en luister daarna nie; skep eerder ’n agtergrond van taal daarmee sodat hy met ander aktiwiteite kan aangaan terwyl die opname in die agtergrond speel. Stel die volume sodat die woorde duidelik hoorbaar is, maar nie so hard dat dit steurend is nie. Hierdie opname kan bv. in die agtergrond speel terwyl hy gereed maak om skool toe te gaan soggens, en oppad na die skool. Na min of meer ses weke kan dieselfde prosedure gevolg word, maar met ’n nuwe storie. Laat jou kind aanhoudend daarna luister, weereens vir ten minste ses weke.

2. Praat die taal

Moedig jou kind aan om ‘n Engelse vriend te kry sodat daar iemand is waarmee hy Engels kan praat.

3. Lees en skryf die taal

Maak klein kaartjies met die Engelse woord op die een kant, en die Afrikaanse vertaling agterop. Die woord immediately sal dan bv. op die voorkant staan, met die woord onmiddellik agterop. Laat jou kind eers net vyf sulke woordkaartjies bestudeer en voeg elke keer vyf nuwe woordkaartjies by wanneer hy die vorige vyf bemeester het. Met “bemeester” bedoel ons die betekenis ken, die woord kan lees, en korrek kan spel. Hersien gereeld sy kennis van die ouer woordkaartjies.

Die bevordering van ’n kind se kognitiewe vaardighede, veral ouditiewe prosessering en ouditiewe geheue sal die proses van tweede taal aanleer aansienlik versnel.


Edublox Engelse 2de Taal-kursus

Leerders in Graad 3 en ouer vind baat by die Edublox Engelse Taalkursus. Dit bestaan uit 28 modules van 90 minute elk.

Die kursus dek die volgende sleutelonderwerpe:

  • Woordeskat: Uitgebreide woordelyste met verklarings uit gesaghebbende bronne.
  • Lees en spel: Prettige oefeninge met ‘n groot impak op leervermoë.
  • Grammatika: Taalreëls word omvattend behandel en sluit tydvorms, selfstandige naamwoorde, trappe van vergelyking, ensovoorts in.
  • Uitspraak: Klasse word deur ‘n opgeleide praktisyn aangebied wat verseker dat leerders die korrekte uitspraak van woorde aanleer.
Share Button

3
Leave a Reply

avatar
2 Comment threads
1 Thread replies
1 Followers
 
Most reacted comment
Hottest comment thread
3 Comment authors
AnouskaHenk du PlessisJ du Plessis Recent comment authors
  Subscribe  
newest oldest most voted
Notify of
J du Plessis
Guest
J du Plessis

My seun is in Gr 5 en sukkel baie met Engels.
Iemand in die Breerivier – Wes-Kaap wat kan help.
Asseblief. Hy is ‘n dierbare seun.

Henk du Plessis
Admin

Goeie dag, ek is regtig jammer om te hoor dat jou kind sukkel. Die goeie nuus is dat Edublox Aanlyn Tutor binnekort beskikbaar is, en mens sal die Engelse weergawe kan gebruik om ‘n Afrikaanse kind se Engels te verbeter: https://www.edubloxsa.co.za/edublox-aanlyn-tutor-binnekort-hier/

Anouska
Guest
Anouska

Goeie middag

My dogter is in graad 4 en sukkel met die engels.
Enige raad asb?

Skip to toolbar