fbpx

Beter Konsentrasie Na Net 5 Dae — Suid-Afrikaanse Navorsing In Singapoer

Funtastic Brain TrainingEdublox, ‘n Suid-Afrikaanse lees- en leerkliniek, het in Junie vanjaar die FUNtastic Breinkliniek in Singapoer aangebied. Die kliniek was in samewerking met Mind Edge, ‘n wêreldklas opleidingsakademie in Asië, aangebied. Die Sentrum vir Evaluering en Assessering (SEA) aan die Universiteit van Pretoria het die resultate van die kliniek se werksaamhede ontleed en bevind dat daar na net 5 dae ‘n beduidende verbetering in leerders se konsentrasievermoë was.

“Dit was ‘n eer om saam met Mind Edge hierdie kliniek vir die leerders in Singapoer aan te bied,” sê Edublox Besturende Direkteur, Henk du Plessis. “Die beproefde metodes wat so suksesvol deur ons huidige Suid-Afrikaanse konsessiehouers gebruik word, het hierdie geleentheid moontlik gemaak.”

Die program was aan 27 leerders tussen die ouderdomme 10 en 12 aangebied, met die doel om kognitiewe vaardighede te verhoog, en lees, spel en leesbegrip te verbeter. In Singapoer moet Graad 6-leerders eksamen aflê en daardie punte bepaal by watter hoërskool hulle aansoek kan doen. Leerders wat hoë punte behaal het toegang tot hoërskole wat hoë aansien geniet. Die kliniek was aangebied om leerders te help voorberei vir hierdie eksamen.

Die program was oor 5 dae aangebied, met 7 of 8 half-uur sessies per dag. Die leerders was vooraf getoets met Cambridge Brain Sciences se aanlyntoetse. Vyf toetse was gekies met die oog om geheue, konsentrasie en logiese redenasie te meet.

Na afloop van hierdie toetse het opgeleide tutors begin met Edublox-lesse. Die leerders het daarna ‘n na-toets voltooi en die resultate was vasgelê vir evaluasie. ‘n Kontrole groep bestaande uit 25 leerders van dieselfde ouderdom, geslag en vermoë het ook beide die voor- en na-toets voltooi. Hierdie kontrole groep het nie die kliniek bygewoon nie, maar normaalweg skoolgegaan.

Evaluering van die data

Flordis Suid-Afrika, wat klinies-beproefde natuurlike middels soos die breinaanvulling KeenMind verskaf, het die evaluering van die data geborg. Die resultate van die voor- en na-toetse was deur die SEA by die Fakulteit van Opvoedkunde aan die Universiteit van Pretoria ontleed.

“Flordis Suid-Afrika is trots om deel te wees van die uitgebreide navorsing waarmee Edublox tans besig is in SA asook internasionaal,” sê Deon Jurgens, Besturende Direkteur van Flordis SA. “Flordis ondersteun graag hierdie navosingsproses en glo dit sal aanleiding gee tot meer inligting en kennis rondom konsentrasie en die algehele leerproses in talle kinders en jong mense.”

Funtastic Brain Training 2Die resultate van die studie toon verbeterde konsentrasie, of anders gestel, verbeterde gefokusde aandag, na net vyf dae. Gefokusde aandag is die vermoë om op een ding te konsentreer en alle ander dinge wat jou aandag kan aflei, te ignoreer. Hierdie vorm van konsentrasie is beide fisies en geestelilk vermoeiend. Mense met aandaggebreksindroom is bekend daarvoor dat hulle sukkel om op een ding op ‘n slag te fokus.

Die Feature Match Cambridge Brain Sciences aanlyntoets is ontwerp om konsentrasie te meet deur aan die respondent twee prentjies te wys wat nie so eenders is as wat hulle met die eerste oog opslag lyk nie; die doelwit is dus om te bepaal hoe vinnig die respondent die verskille kan raaksien, ‘n waarnemingstaak wat gefokusde aandag vereis. Die resultate van hierdie toets het ‘n statisties-beduidende verbetering tussen die voor- en na-toetstellings getoon. “Boonop het ons hier ‘n effek-grootte bokant dit wat Professor John Hattie die spilpunt of, anders gestel, die gewensde effek-vlak in opvoedkunde, noem,” verduidelik Edublox se Direkteur van Opvoedkundige Programme, Susan du Plessis. “Dit bewys dat die eksperimentele groep gebaat het wat betref hul konsentrasievermoë.”

Alan Yip, stigter van die Mind Edge Learning Academy het gesê dit is verblydend om te sien hoe die FUNtastic Breinkliniek leerders daartoe in staat gestel het om hulle konsentrasie in vyf dae te verbeter. “Konsentrasie lê ten grondslag van die ontwikkeling van leervaardighede. By Mind Edge het ons oor die jare opgemerk hoe daar al hoe meer dinge in die eksterne omgewing is wat leerders se aandag aftrek sodat hulle nie optimaal presteer nie. Daarom is ‘n kerndoelwit van ons programme om leerders te help om hulle konsentrasievermoë op ‘n volhoubare manier te verbeter.”

Ander navorsing

Resultate uit vorige navorsing deur Edublox dui daarop dat dié program IK verhoog, prosesseringspoed versnel en beter visuele geheue verbeter. Die visuele geheue van 34 leerders aan die Confidence College, ‘n middestad skool in Pretoria, het verbeter van 6.3 jaar na 7.5 jaar nadat hulle ‘n 5-dag Edublox-kliniek bygewoon het.

“Ons is bevoorreg om deel van die Edublox-familie te wees,” sê skoolhoof Anelize van Eeden. “Sedert ons Graad 1’s ‘n paar jaar gelede met hierdie program begin het, vind ons dat hulle fokus, lees, spel en werktempo verbeter het. En wanneer ‘n kind beter presteer, het hy of sy sommer ‘n beter selfbeeld ook.”

Share Button

Leave a Reply

avatar
  Subscribe  
Notify of
Skip to toolbar