fbpx

Daar ís Hulp vir Disleksie

Die term disleksie is saamgestel uit twee Griekse woorde dys en lexis wat letterlik “swak met taal” beteken, en word gebruik om te verwys na iemand vir wie lees eenvoudig bokant sy vuurmaakplek is. Spel en skryf, as gevolg van die nou verband wat dit met lees het, word gewoonlik hierby ingesluit.

Die outydse (en dalk nog populêre) siening is dat disleksie ‘n fisiese versteuring in die brein is wat veroorsaak dat inligting verkeerd verwerk en geïnterpreteer word, wat dan lei tot leesprobleme. Histories is die disleksie-etiket toegeken aan leerders wat ‘n gemiddelde tot ‘n bogemiddelde IK het, en ten spyte van “voldoende” leergeleenthede ‘n ernstige leesagterstand het. Kinders wat sukkel met lees, wie se IK laag is, se leesprobleme is toegeskryf aan hulle intellektuele beperkinge.

Dan is daar bepaalde simptome, soos omkering van letters soos en of en q, of die persoon lees of skryf byvoorbeeld tak vir kat of sak vir kas.

Disleksie ongeneeslik?

Mens hoor en lees dikwels dat disleksie ongeneeslik is: “Dyslexia is like alcoholism…it can never be cured” (Clark, M., & Gosnell, M., “Dealing with dyslexia,” Newsweek).

Die siening dat disleksie ongeneeslik is, is die gevolg van ‘n verkeerde aanname dat die brein nie kan verander nie, laat staan nog verbeter. Mense het lank geglo as daar iets verkeerd is met ‘n persoon se brein, daar niks gedoen kan word om dit reg te maak nie. Wetenskaplikes het geglo dat elkeen van ons gebore word met ‘n vasgestelde aantal breinselle, en as enige van daardie selle seerkry, kan die skade nie herstel word nie. G’n wonder dat leerprobleme soos disleksie, wat met die brein te doen het, vir baie jare as ongeneeslik beskou was nie!

Breinplastisiteit bring nuwe hoop

Teen die draai van hierdie eeu het nuwe metodes dit vir wetenskaplikes moontlik gemaak om in die brein te sien en het dit geblyk dat die brein plasties is: Nuwe verbindings of herbedrading tussen neurone kan vorm en die interne struktuur van die bestaande sinapse kan verander. Nuwe neurone word ook voortdurend gebore, veral in die leer- en geheue-sentrums. As jy ‘n kundige op ‘n sekere gebied raak, dan groei die deel in jou brein wat daarmee te make het. Of, as ‘n persoon breinskade aan die linkerkant van die brein opdoen, wat gewoonlik die taalsentrum van die brein is, kan die regterkant van die brein daardie funksies oorneem.

Met fMRI-skanderings ensovoorts is nou bevestig dat daar wel (soos altyd geglo is) verskille is tussen die breine van dislektiese persone en mense wat goed kan lees. Maar dieselfde verskille word ook by swak lesers met ‘n lae IK waargeneem, wat daarop dui dat IK nie ‘n geldige maatstaf vir die diagnose van disleksie is nie.

Die resultate van daaropvolgende studies dui ook daarop dat ons dalk die oorsaak-gevolg verhouding moet omdraai, met ander woorde dat hierdie breinverskille nie die oorsaak van leesprobleme is nie, maar wel die gevolg.

‘n Aanlyn publikasie van die Journal of Neuroscience berig oor navorsing waarin die breine van kinders met disleksie vergelyk is met twee ander groepe kinders: ‘n groep van dieselfde ouderdom sonder disleksie en ‘n groep jonger kinders op dieselfde leesvlak as die met disleksie. Die kinders met disleksie het minder grysstof as die groep met dieselfde ouderdom gehad, maar wel dieselfde grysstof as die jonger kinders op dieselfde leesvlak.

Volgens hoofnavorser Krafnick beteken dit dat die anatomiese verskille in die linkerkant van die brein ‘n gevolg van die leeservaring van die kinders is, eerder as ‘n oorsaak van disleksie.

Om op te som: Die brein van ‘n dislektiese persoon — en ook alle ander swak lesers — lyk anders as die gewone leser se brein, maar die breinverskille is nie die oorsaak van die leesprobleem nie. Dis die leesprobleem wat die breinverskille veroorsaak, en as ‘n dislektiese persoon leer om goed te lees, sal sy of haar brein verander om uiteindelik soos die normale leser se brein te lyk. Selfs al sou daar in enkele gevalle ‘n breindisfunksie wees wat bydra tot die disleksieprobleem, weet ons vandag dat die brein wel kan herstel.

Edublox se beskouing, gebaseer op die nuutste navorsing, is dat disleksie nie ‘n gestremdheid is nie, maar bloot ‘n onvermoë (dis nie ‘n ‘disability’ nie, maar ‘n ‘inability’), en dat dit oorkom kan word as mens die oorsaak daarvan aanspreek.

Wat veroorsaak disleksie?

Die situasie van ‘n kind met disleksie kan nie verstaan word tensy ons raaksien dat hy ‘n mens is nie. ‘n Belangrike kenmerk van die mens is dat hy niks weet en niks kan doen wat hy nie geleer het nie. Dit sluit natuurlik liggaamsfunksies soos asemhaal uit, sowel as reflekse, soos byvoorbeeld die oogrefleks wat meebring dat die oog geknip word wanneer ‘n voorwerp dit nader.

Tweedens moet ons verstaan dat leer ’n laagsgewyse reeks gebeure is. Een vaardigheid moet eers vasgelê word voor ons ’n daaropvolgende vaardigheid kan baasraak. Dis soos met ‘n leer opklim: sportjie vir sportjie, anders val jy.

Die manier waarop die skoolstelsel in alle lande ter wêreld georganiseer is, is inderdaad ‘n erkenning hiervan. ‘n Mens kan nie jou kind eers universiteit toe stuur nie. Hy moet by die eerste klas begin, en dan jaar na jaar vorder na hoër vlakke van onderwys. Aan die einde van elke jaar word daar van die kind verwag om bewys te lewer — gewoonlik deur ‘n eksamen te slaag — dat hy genoeg van die kennis wat gedurende die jaar aan hom voorgehou is, bemeester het, sodat dit ‘n stewige grondslag sal vorm waarop die kennis van die daaropvolgende jaar gebou kan word.

‘n Verdere eenvoudige en praktiese voorbeeld is die feit dat ‘n kind eers geleer moet word om te tel, voordat dit moontlik word om hom te leer om op te tel en af te trek.

Veronderstel daar was ‘n kind wat nog nie geleer tel het nie. As ‘n mens hom sou probeer leer om op te tel of af te trek, sou ‘n mens vind dat dit onmoontlik vir so ‘n kind is om sulke berekeninge te doen, ongeag hoeveel moeite gedoen word. As ‘n mens egter die kind eers sou leer tel, sou dit daarna redelik maklik wees om hom te leer optel en aftrek. Dit bewys dat die vaardigheid van tel ‘n voorvereiste is vir die bemeestering van die vaardigheid om op te tel en af te trek.

Hierdie beginsel, dat leer ‘n laagsgewyse gebeure is, kan ook aan die hand van enige sportsoort, soos byvoorbeeld yshokkie, verduidelik word. Voordat ‘n persoon yshokkie kan speel, moet hy eers leer om baie goed te skaats. Nadat hy geleer het om vorentoe te skaats, moet hy ook leer om agteruit te skaats en om binne ‘n oogwink te kan stop of van rigting te verander. Wanneer hy hierdie vaardighede so goed bemeester het dat hulle as’t ware geoutomatiseerd geraak het, is hy gereed vir die volgende vlak, naamlik om al die elemente, waaruit yshokkie bestaan, te bemeester. Dan kan hy begin leer om die rubberskyf met sy yshokkiestok te beheer, om dit uit te gee en te skiet, en om sy opponent te stamp of te skouer. Nadat hy al hierdie vaardighede bemeester het en intussen ook die reëls van die spel geleer het, kan hy begin om hierdie vaardighede in die spelsituasie toe te pas.

Net soos wat daar ‘n verskeidenheid van vaardighede is wat ‘n voorvereiste vir yshokkie is, so is daar ‘n verskeidenheid vaardighede waarop lees en spel berus en wat ‘n kind moet baasraak voor hy kan leer lees en spel.

Boustene van lees

Met programme van wêreldgehalte, insluitend rekenaartegnologie, bevorder Edublox dié vaardighede wat die boustene van lees is. Vaardighede sluit die volgende in:

  • Aandag en konsentrasie
  • Persepsie — visueel, ouditief en hapties
  • Die vermoë om te kan diskrimineer, sintetiseer en analiseer in terme van voorgrond-agtergrond, vorm, grootte, kleur, en posisie in die ruimte
  • Spoed van prosessering
  • Fonemiese bewustheid
  • Geheue — kort- en langtermyn, visueel en ouditief
  • Die vermoë om te kan dekodeer en inligting te integreer.

Deur hierdie grondvaardighede in die onderbewyssyn te stoor word hulle geoutomatiseer. Terselfdertyd kry die leerder ook die geleentheid om hierdie grondvaardighede onmiddellik in die praktyk toe te pas. Die resultaat is verbeterde lees- en spelvermoë.


Het jou kind disleksie? Só kan Edublox help:

Marie Comhair

“Graag wil ek van hierdie geleentheid gebruik om om vir jou baie dankie te sê vir wat julle vir Marie doen. ‘n Mens kan duidelik ‘n verbetering in haar skoolwerk sien. Vir ‘n kind wat laas jaar September op Graad 1 vlak gelees en spel het dink ek sy doen besonders goed. Waar sy laas jaar nie haar assesserings in die klas kon gedoen het nie doen sy nou so goed in dit.

“Om te dink baie mense het vir my gesê ek moet haar liewers in ‘n skool sit wat kinders soos sy kan help. Ek het op ‘n goeie manier geleer dat ‘n kind met ‘n leerprobleem wel gehelp kan word indien mens hulle op hulle manier help leer.

“Skoolwerk is nou lekker. Ons leer op haar manier en dit maak so ‘n groot verskil. Sy konsentreer baie beter vandat sy by julle is. Sy glo weer in haarself en glo sy kan dit doen. Laas jaar het sy geglo sy is dom maar nou is sy so gemotiveerd. As sy haar rapport oopmaak en sien hoe sy gedoen het dan besef ek al hierdie harde werk is die moeite werd.

“Dankie vir julle. Dankie dat julle my kind weer in haarself laat glo het. Sy is reg vir kwartaal 3 en wil beter doen as wat sy gedoen het. Julle het gehelp meer as wat julle ooit kan besef.

“Ek sal Edublox enige tyd aanbeveel vir enige ouer. My kind lees baie beter en sy verstaan nou wat sy lees. Hier waar ek as ouer sit weet ek dat enige kind gehelp kan word met die regte onderrig en hulp.

“Dankie Edublox Krugersdorp. Nicolene julle doen wonderlike werk. Ek dink wat so baie help is omdat jy as ouer verstaan hoe ons as ouers voel. Disleksie is nie die einde van die wêreld nie. Dit is maar Unieke kinders wat op Unieke maniere moet leer. Leer is nou soveel pret in ons huis.

“Duisende dankies.”

Janean Oosthuizen

‘n Jaar nadat Janean hierdie epos geskryf het, is bevind dat Marie nie meer disleksie het nie: Klik hier vir die volledige storie.  


Meer inligting:

Edublox lees- en leerklinieke spesialiseer in breinopleiding wat kinders slimmer maak, en hulle help om vinniger, makliker en beter te leer en te lees. Die klasse spreek die volgende aan:

* Konsentrasie: Gefokusde, volgehoue en verdeelde aandag.

* Perseptuele vaardighede: Visuele en ouditiewe voorgrond-agtergrond onderskeidingsvermoë; visuele en ouditiewe diskriminasie, sintese en analise; vorm-onderskeiding; ruimtelike verhoudings.

* Geheue: Visueel en ouditief, kort- en langtermyn, reeks-, ikoniese en werkende geheue.

* Logiese denke: Deduktiewe en induktiewe redenering.

* Lees, spel, woordeskat en begrip.

Klasse word in Afrikaans en Engels aangebied. Kontak ons

Share Button

4
Leave a Reply

avatar
2 Comment threads
2 Thread replies
0 Followers
 
Most reacted comment
Hottest comment thread
3 Comment authors
Susan du PlessisEuniceMaria Deysel Recent comment authors
  Subscribe  
newest oldest most voted
Notify of
Maria Deysel
Guest
Maria Deysel

Goeiemiddag! My naam,is Maria Deysel,ek het n seuntjie,van ses jaar our,hy is no in gr1,Ek sukkel vreeslik met hom met Hui’s werk,hy konsetreer ni,Hy het baie sleg gedoen op sy report,Die Juffrou se hy moet dalk na n ander klas,gaan,want sy kan hom ni,help ni,ek weet ni,meer wat om te doen ni,ons sukkel regteg baie,almal se hy is Dom..ASB ek het hulp nodig…Baie dankie Maria Deysel…

Eunice
Guest
Eunice

Hi ek het 2 seuns 1 is 18 jaar en die banner 1 14 jaar. Ek het hulle onlangs by die arbeidsterapeut gehad n sy het ni n volledige evaluasie met hulle gedoen ni omrede sy het besef Dat die boeta van 18 moontlik n disleksie problem in lees het n die een van 14 moontlik ook n of sy grondslag nie reg vasgele was nie. Sy het toe ons verwys na n banner terapeut wat spesifiek kwalifiseer om person te toets vir disleksie. Hulle albeei sukkel verskriklik met lees n om te konsentreer. Ons het hulle ook al by… Read more »

Skip to toolbar