fbpx

Disleksie — Artikel in Vrouekeur

DisleksieHierdie artikel oor disleksie het verskyn in Vrouekeur op 4 Mei 2012:

Nuwe navorsing bring hoop vir mense wat met dié leesprobleem sukkel:

Wat het Richard Branson en Tom Cruise in gemeen? Hulle is albei met disleksie gediagnoseer en het nogtans uitgestyg.

Die meerderheid mense wat met disleksie sukkel, moet met hierdie leesprobleem se vernietigende sosio-ekonomiese gevolge en emosionele invloed worstel. Die aanhoudende mislukking omdat so ‘n lyer nie kan lees en leer nie, lei tot verleentheid, frustrasie en angs.

Daar word algemeen aanvaar disleksie is ‘n neurologiese afwyking in die brein wat veroorsaak dat inligting verskillend geprosesseer en geïnterpreteer word, wat daartoe lei dat die lyer sukkel om te lees. Histories is die disleksie-etiket aan leerders gegee wat skerp is en verbaal goed kan kommunikeer, maar sukkel om te lees. Kortliks, iemand wie se hoë IK nie met sy lae leespunte oorstem nie. Kinders wat nie so slim is nie, se leesprobleme is aan hul intellektuele beperkings toegeskryf.

Met die vooruitgang in tegnologie en uitgebreide navorsing, het John D E Gabrieli, ‘n neuroloog aan die Massachusetts-instituut van Tegnologie, die begrip bevraagteken. Hy het deur middel van breinskanderings uitgevind kinders met en sonder disleksie se denkprosesse is dieselfde terwyl hulle lees.

Susan du Plessis, direkteur van opvoedkundige programme by Edublox en skrywer van The Truth About Learning Disabilities, sê: “IK-toetse is nie ‘n geldige metode om disleksie te diagnoseer nie. Disleksie is nie ‘n gebrek (disability) nie, maar ‘n onvermoë. Alle kinders, ongeag hul IK, kan leer om te lees.

“By Edublox fokus ons op twee basiese eienskappe. Eerstens dat niemand iets kan doen wat hulle nie geleer het om te doen nie en tweedens dat die leerproses ‘n meervlakkige proses is, met ander woorde dit bou stap vir stap op. As jy een van die stappe oorgeslaan het, kan jy nie sommer na die volgende stap beweeg en hoop jy sal dit verstaan nie. Jy moet eers teruggaan en elke stap onder die knie kry voor jy na die volgende stap kan aanbeweeg.

“’n Kind wat nie geleer het om te tel nie, sal nooit kan optel of aftrek nie. Net so moet kinders eers sekere kennis en vaardighede opdoen voor hulle goeie lesers kan word. Basiese vaardighede soos konsentrasie, visuele onderskeiding, akkurate persepsie, memorisering, assosiasie, ouditiewe geheue en laterale interpretasie is alles funksies wat die basis van goeie lees en spelling vorm.

“Ons het baie suksesstories by Edublox van leerders wat hul leesprobleme oorkom het.”

Besoek www.edublox.co.za, bel 012 345 1480 of gaan na Edublox se Facebook-blad vir meer inligting.

Share Button

Leave a Reply

avatar
  Subscribe  
Notify of
Skip to toolbar