fbpx

Edublox Aanlyn Tutor is Binnekort Hier!

SUBmap_BarrelsShipwreck

Wou jy nog altyd jou kind Edublox toe stuur maar daar is nie ’n kliniek naby nie? Of weerhou ander verpligtings, soos jou werk, jou daarvan om jou kind Edublox toe te neem? Hierdie struikelblokke is nou uit die weg geruim want Edublox Aanlyn gee kinders die voordeel van multi-sensoriese kognitiewe opleiding in die gerief van hulle eie huis. Bestel nou en spaar.

Edublox, wat verantwoordelik is vir hierdie Aanlyn Tutor e-platform, het oor die afgelope 30 jaar duisende kinders gehelp om te lees, te leer en te presteer deur tuispakkette en leerklinieke wêreldwyd. Met Edublox Aanlyn Tutor word die visie van die grootste aanlyn-klaskamer ter wêreld ‘n werklikheid. Hierdie gebruikersvriendelike en opwindende program word tans ontwikkel deur vooraanstaande rekenaartegnici.

Daar is tans twee programme in wording, Edublox Ontwikkelingstutor en Edublox Leestutor. Hierdie programme is gemik op kinders 7 tot 12 jaar, en gaan op 22 Februarie 2017 vrygestel word.

Edublox Ontwikkelingstutor

Ontwikkelingstutor is ontwerp vir algehele kognitiewe ontwikkeling. Dis ideaal vir die ontwikkeling van konsentrasie, prosesseringspoed, geheue en redeneringsvermoë van kinders wat nie probleme met lees, skryf of wiskunde ervaar nie. Ontwikkelingstutor voorkom leerprobleme, verander die tipiese leerder in ’n ster, en die sterk leerder in ’n superster!

Edublox Leestutor

Indien jy jou kind se lees- en spelvermoë wil verbeter, of sy leesprobleme wil oplos, is Leestutor die antwoord.

Hier is die simptome en tekens wat gewoonlik daarop dui dat ’n kind lees- en spelprobleme ondervind:

• Omkering van letters soos b en d of p en q, of lees byvoorbeeld tak vir kat of sak vir kas.
• Plaas letters in die verkeerde volgorde en lees byvoorbeeld emelent vir element, snik vir niks, en tekel vir ketel.
• Lees klein woordjies verkeerd byvoorbeeld ‘n vir nie, vir i.p.v. van, met vir meer.
• Raak gedisoriënteerd met ’n reël of op ’n bladsy terwyl hy lees, mis reëltjies of herhaal wat reeds gelees is.
• Hardoplees is hakkelrig, woord-vir-woord, monotoon.
• Probeer die letters van die woord klank maar kan dan nie die korrekte woord sê nie. Sal byvoorbeeld die letters ‘k-a-t’ klank, maar dan koud sê.
• Spreek woorde verkeerd uit, of plaas klem op verkeerde lettergrepe.
• Verkort woorde byvoorbeeld porsie vir proporsie.
• Weglating van voorvoegsels, weglating van agtervoegsels of byvoeging van agtervoegsels.
• Lees met swak begrip.
• Onthou nie veel van wat gelees is nie.
• Kan nie die regte letter by ’n gegewe klank pas nie.
• Ignoreer gereeld leestekens, laat punte en kommas uit.

Maak gebruik van ons bekendstellingsaanbod en spaar 40%!

Stuur ‘n e-pos aan [email protected] en vra vir ’n bestelvorm, of skakel (012) 345-1480 vir meer inligting.

Hier is voorbeelde van besparing indien jou bestelling ons voor 31 Januarie 2017 bereik:

Edublox Ontwikkelingstutor:

  • Bestel ’n 6-maande-lisensie vooraf en kry 40% korting per enkele gebruiker. Afslagprys: R1350.00. Hierdie aanbod sluit 180 sessies vanaf Februarie 2017 in.
  • Bestel ’n 12-maande-lisensie vooraf en kry 40% korting per enkele gebruiker. Afslagprys: R2595.00. Hierdie aanbod sluit 360 sessies vanaf Februarie 2017 in.

Edublox Leestutor:

  • Bestel ‘n 3-maande-lisensie vooraf en kry 40% korting per enkele gebruiker. Die leesoefening is ook in Afrikaans beskikbaar. Afslagprys: R1215.00. Hierdie aanbod sluit 90 sessies vanaf Februarie 2017 in.
  • Bestel ‘n 6-maande-lisensie vooraf en kry 40% korting per enkele gebruiker. Die leesoefening is ook in Afrikaans beskikbaar. Afslagprys: R2295.00. Hierdie aanbod sluit 180 sessies vanaf Februarie 2017 in.

Kyk na ons video vir meer inligting…

Share Button

Leave a Reply

avatar
  Subscribe  
Notify of
Skip to toolbar