fbpx

Edublox Aanlyn Tutor Is Hier!

SUBmap_BarrelsShipwreck

Wou jy nog altyd jou kind Edublox toe stuur maar daar is nie ’n kliniek naby nie? Of weerhou ander verpligtings, soos jou werk, jou daarvan om jou kind Edublox toe te neem? Hierdie struikelblokke is nou uit die weg geruim want Edublox Aanlyn gee kinders die voordeel van multi-sensoriese kognitiewe opleiding in die gerief van hulle eie huis

Edublox, wat verantwoordelik is vir hierdie Aanlyn Tutor e-platform, het oor die afgelope 30 jaar duisende kinders gehelp om te lees, te leer en te presteer deur tuispakkette en leerklinieke wêreldwyd. Met Edublox Aanlyn Tutor word die visie van die grootste aanlyn-klaskamer ter wêreld ‘n werklikheid. Hierdie gebruikersvriendelike en opwindende program is ontwikkel deur vooraanstaande rekenaartegnici.

Daar is tans twee programme beskikbaar: ‘Development Tutor’ en ‘Reading Tutor’. Hierdie programme is gemik op kinders 7 tot 13 jaar. Terwyl die instruksies in Engels is, is die lees- en speloefening van ‘Reading Tutor’ ook in Afrikaans beskikbaar.

‘Development Tutor’

‘Development Tutor’ is ontwerp vir algehele kognitiewe ontwikkeling. Dis ideaal vir die ontwikkeling van konsentrasie, prosesseringspoed, geheue en redeneringsvermoë van kinders wat nie probleme met lees, skryf of wiskunde ervaar nie. Hierdie program voorkom leerprobleme, verander die tipiese leerder in ’n ster, en die sterk leerder in ’n superster!

‘Reading Tutor’

‘Reading Tutor’ bestaan uit ‘Development Tutor’ sowel as ‘n omvattende lees- en speloefening, wat ook in Afrikaans beskikbaar is. Elkeen van die 1008 woorde het ‘n klankgreep sowel as ‘n foto en meestal ook teks om die betekenis van die woord te verduidelik. Met ‘Reading Tutor’ kan ‘n ouer ‘n kind se beginvlak kies:

  • Basies: 2-4 letter woorde wat begin by in en mat, en eindig by mens en nuut.
  • Intermediêr: 4-10 letter woorde wat begin by geut en figuur, en eindig by sjarme en rekeninkie.
  • Gevorderd: 7-16 letter woorde wat begin by toiings en absoluut, en eindig by koëffisiënt en Renaissance.
    .

Indien jy jou kind se lees- en spelvermoë wil verbeter, of sy leesprobleme wil oplos, is hierdie program die antwoord vir jou. Besoek gerus die Edublox Online Tutor webtuiste vir meer inligting en om jou kind te registreer.

Nie seker of jou kind sukkel met lees nie?

Hier is die simptome en tekens wat gewoonlik daarop dui dat ’n kind lees- en spelprobleme ondervind:

• Omkering van letters soos b en d of p en q, of lees byvoorbeeld tak vir kat of sak vir kas.
• Plaas letters in die verkeerde volgorde en lees byvoorbeeld emelent vir element, snik vir niks, en tekel vir ketel.
• Lees klein woordjies verkeerd byvoorbeeld ‘n vir nie, vir i.p.v. van, met vir meer.
• Raak gedisoriënteerd met ’n reël of op ’n bladsy terwyl hy lees, mis reëltjies of herhaal wat reeds gelees is.
• Hardoplees is hakkelrig, woord-vir-woord, monotoon.
• Probeer die letters van die woord klank maar kan dan nie die korrekte woord sê nie. Sal byvoorbeeld die letters ‘k-a-t’ klank, maar dan koud sê.
• Spreek woorde verkeerd uit, of plaas klem op verkeerde lettergrepe.
• Verkort woorde byvoorbeeld porsie vir proporsie.
• Weglating van voorvoegsels, weglating van agtervoegsels of byvoeging van agtervoegsels.
• Lees met swak begrip.
• Onthou nie veel van wat gelees is nie.
• Kan nie die regte letter by ’n gegewe klank pas nie.
• Ignoreer gereeld leestekens, laat punte en kommas uit.

Share Button

3
Leave a Reply

avatar
2 Comment threads
1 Thread replies
0 Followers
 
Most reacted comment
Hottest comment thread
3 Comment authors
Tertia CronjeSusan du PlessisChristel Zaaiman Recent comment authors
  Subscribe  
newest oldest most voted
Notify of
Christel Zaaiman
Guest
Christel Zaaiman

Hi,

My child is really struggling with English (FAL) and Afrikaans at school.
I really want to do something extra that can help her achieve better results at school. Otherwise she will not be able to pass her Gr 4 year.

Will the online tutor program work for her.

Tertia Cronje
Guest
Tertia Cronje

Hi problem with handwriting. His left handed. Gr r

Skip to toolbar