fbpx

Edublox Leessentrums: Die Antwoord vir Leesprobleme

Lees is die belangrikste vaardigheid wat ‘n kind op skool moet verwerf, want hy leer om te lees met ‘n bepaalde doel voor oë: sodat hy kan lees om te leer. Om behoorlik te kan lees is dus die grondslag van, of voorvereiste vir leersukses op skool, en uiteindelik ook ‘n belangrike bepaler van ‘n mens se beroepsukses in die toekoms.

‘n Kind, wat nie behoorlik kan lees nie, se toekoms is duister. Die swak leser het nie net ‘n agterstand teenoor goeie lesers nie, maar in werklikheid bou hy met verloop van tyd ‘n al hoe groter agterstand teenoor goeie lesers op. Soos wat Stanovich dit in ‘n artikel in die Reading Research Quarterly uitdruk, “die armes word al hoe armer en die rykes word al hoe ryker.”

Aan die positiewe kant is leesvermoë ‘n belangrike aanduider van toekomstige sukses, volgens die Nasionale Instituut vir Kindergesondheid en Menslike Ontwikkeling “die belangrikste enkele vaardigheid wat nodig is vir ‘n gelukkige, produktiewe en suksesvolle lewe.”

Ongelukkig is hierdie oorvloedige lewe vir baie net ‘n veraf droom. Miljoene kinders sukkel om te leer lees, en baie slaag nooit daarin nie.

Simptome van ‘n leesprobleem

‘n Ouer wat enige van die simptome, wat hieronder beskryf word, in sy of haar kind opmerk, behoort te weet dat die kind hulp nodig het:

  • Een van die mees ooglopende tekens is omkerings. Kinders met hierdie soort probleem verwar dikwels letters soos b en d, wanneer hulle lees óf wanneer hulle skryf.
  • ‘n Ander teken is weglatings — wanneer ‘n kind “staf” lees wanneer die woord eintlik “straf” is.
  • Plaas letters in die verkeerde volgorde en lees byvoorbeed emelent vir element, snik vir niks, en tekel vir ketel.
  • Lees klein woordjies verkeerd byvoorbeeld ‘vir nievir i.p.v. vanmet vir meer.
  • Raak gedisoriënteerd met ’n reël of op ’n bladsy terwyl hy lees, mis reëltjies of herhaal wat reeds gelees is.
  • Hardoplees is hakkelrig, woord-vir-woord, monotoon.
  • Probeer die letters van die woord klank maar kan dan nie die korrekte woord sê nie. Sal byvoorbeeld die letters ‘k-a-t’ klank, maar dan koud sê.
  • Spreek woorde verkeerd uit, of plaas klem op verkeerde lettergrepe.
  • Verkort woorde byvoorbeeld porsie vir proporsie.
  • Weglating van voorvoegsels, weglating van agtervoegsels of byvoeging van agtervoegsels.
  • Lees met swak begrip.
  • Onthou nie veel van wat gelees is nie.
  • Kan nie die regte letter by ’n gegewe klank pas nie.
  • Ignoreer gereeld leestekens, laat punte en kommas uit.
    .

Sommige kinders slaag daarin om vir ‘n lang tyd hul onvermoë om te lees weg te steek. Hulle vra die ouer om vir hulle ‘n bladsy voor te lees, en dan “lees” hulle dit daarna. Wat in werklikheid gebeur, is dat hulle die stukkie memoriseer terwyl die ouer dit lees, en dan herhaal hulle dit eintlik volgens geheue. Dit is eers later, wanneer die leeswerk wat hulle moet doen, te veel word om suksesvol te memoriseer, dat hulle onvermoë om te lees openbaar word.

Vind die oorsaak

Tensy mens weet wat ‘n probleem veroorsaak, kan mens dit nie oplos nie. ‘n Siekte soos skeurbuik het die lewens van derduisende matrose op lang seereise geëis. Die siekte is vinnig hokgeslaan toe die oorsaak van die probleem, naamlik ‘n tekort aan vitamien C, ontdek is. ‘n Goeie vertrekpunt sal dus wees om die vraag te vra: Wat veroorsaak leesprobleme?

Om die oorsaak van leesprobleme te verstaan, is dit belangrik om te weet dat leer ‘n laagsgewyse gebeure is. Leer vind trapsgewys plaas. Jy moet eers een ding kan doen voor jy ‘n volgende kan bemeester. Daar is sekere grondvaardighede waarop lees berus en wat ‘n kind moet baasraak voordat hy kan leer lees, anders gaan hy leesprobleme hê.

Grondvaardighede moet nie verwar word met prosesse, strategieë of tegnieke nie. Die verskil tussen hierdie begrippe kan maklik aan die hand van rugby geïllustreer word. Om rugby te kan speel, moet ‘n persoon eers die grondvaardighede van rugby bemeester het, soos byvoorbeeld om ‘n bal te kan vang, te kan uitgee en te kan skop. Slegs daarna kan hy strategieë of tegnieke geleer word.

Grondvaardighede van lees

Grondvaardighede van lees sluit konsentrasie, verskeie perseptuele vaardighede, sewe vorme van geheue en logiese denke in.

Visuele perseptuele vaardighede, wat ‘n voorvereiste vir lees is, sluit in die vermoë om visueel te kan diskrimineer, sintetiseer en analiseer in terme van voorgrond-agtergrond, vorm, grootte, kleur, en posisie in die ruimte. Mens moet ook ouditief kan diskrimineer, sintetiseer en analiseer.

Geheue bestaan uit visuele en ouditiewe geheue, kort- en langtermyngeheue, reeksgeheue en werkende geheue. Werkende geheue is die vermoë om tydelik sekere feite of gedagtes in die geheue te hou terwyl ‘n probleem opgelos word of ‘n taak verrig word.

Logiese denke is ook belangrik want dit gee die leser die vermoë om afleidings te maak, wat vereis dat ons dit wat ons weet gebruik om te probeer bepaal wat ons nie weet nie, of om ‘tussen-die-lyne’ te lees. Lesers wat afleidings kan maak gebruik leidrade uit die teks asook hulle eie ervarings om hulle te help ontsyfer wat nie direk gesê word nie.

By Edublox word dié grondvaardighede geoefen en geoutomatiseer.

Daar is reeds 40 Edublox-klinieke in Suidelike Afrika. Besoek die Edublox-webtuiste met meer as 700 suksesverhale by www.edubloxsa.co.za


Sukkel jou kind met lees en leer? Só kan Edublox help:.

“Ek het Franco van der Merwe by Edublox ingeskryf want hy het gesukkel om te lees en leer. Sy spelling en geheue was nie goed nie.

“Franco het baie verbeter met sy lees, hy doen ook baie beter in sy leerwerk. Sy punte het verbeter vandat hy by Edublox is. Sy geheue het ook baie verbeter — hy kan opdragte volledig uitvoer.

“Ek wil ook van die geleentheid gebruik maak om dankie te sê vir al julle harde werk. Ek kan ‘n drastiese verbetering sien in my kind. Elkeen van hulle verdien ‘n Platinum Medalje.”

Ruth van der Merwe

Klik hier vir 700+ suksesverhale


Meer inligting:

Edublox lees- en leerklinieke spesialiseer in breinopleiding wat kinders slimmer maak, en hulle help om vinniger, makliker en beter te leer en te lees. Die klasse spreek die volgende aan:

* Konsentrasie: Gefokusde, volgehoue en verdeelde aandag.

* Perseptuele vaardighede: Visuele en ouditiewe voorgrond-agtergrond onderskeidingsvermoë; visuele en ouditiewe diskriminasie, sintese en analise; vorm-onderskeiding; ruimtelike verhoudings.

* Geheue: Visueel en ouditief, kort- en langtermyn, reeks- en werkende geheue.

* Logiese denke: Deduktiewe en induktiewe redenering.

* Lees, spel, woordeskat en begrip.

Klasse word in Afrikaans en Engels aangebied. Kontak ons

 

Share Button

Leave a Reply

avatar
  Subscribe  
Notify of
Skip to toolbar