fbpx

Feite Oor Visuele Geheue

visuele-geheueVisuele geheue is die vermoë om visuele waarnemings te stoor en later, as die oorspronklike waarneming nie langer sigbaar is nie, weer te herroep. Dit beteken dat die persoon in staat moet wees om ‘n duidelike beeld van die stimulus, byvoorbeeld ‘n woord, in sy geestesoog te vorm, sodat wanneer die stimulus nie meer voorhande is nie, hy nogtans in staat is om dit duidelik en sonder enige hulp weer op te roep.

Verskeie navorsers het beweer dat soveel as tagtig persent van alle leer deur die oë plaasvind, wat beteken dat visuele geheue ‘n beslissende aspek van leer vorm.

Hier is paar feite oor visuele geheue:

Leergestremde leerders het visuele geheuetekorte

Die meeste leergestremde leerders het ernstige tekorte op die gebied van visuele geheue, sê Addie Cusimano in haar boek Learning Disabilities: There is a Cure. “Visuele geheue behels die vermoë om vorige visuele gewaarwordings en waarnemings te stoor en te herroep op ‘n tydstip wanneer die stimulus wat die oorspronklike waarneming tot gevolg gehad het, nie meer teenwoordig is nie. Dit beteken dat die student in staat moet wees om ‘n duidelike beeld van die stimulus, byvoorbeeld ‘n woord, in sy gedagte te kan vorm, sodat wanneer die stimulus verwyder word, hy in staat sal wees om dit te visualiseer of die beeld sonder enige hulp te kan herroep. Verskeie navorsers het al daarop gewys dat soveel as tagtig persent van alle leer deur die oë plaasvind, wat beteken dat visuele geheue ‘n deurslaggewende aspek van leer vorm.

“Kinders wat nie hulle visuele geheuevaardighede ontwikkel het nie, vind dit moeilik om ‘n opeenvolging van visuele waarnemings te herroep. Hulle ondervind dikwels probleme met die oorhoofse verskyningsvorm van woorde of die opeenvolging van die letters wanneer hulle lees of spel. Soms onthou hulle die letters wat in ‘n woord voorkom, maar kan nie onthou in watter volgorde hulle verskyn nie, of hulle onthou die eerste letter van ‘n woord en die algemene vorm van die woord, sonder dat hulle enige van die fyner besonderhede, byvoorbeeld die opvolgende letters, kan onthou. Gevolglik slaag sodanige studente nie daarin om ‘n goeie sigwoordeskat te ontwikkel nie, en ondervind hulle dus dikwels ernstige probleme met skryf en spel.”

Visuele geheue belangrik vir prestasie in wiskunde

Marjean Kulp en medewerkers het ’n studie gedoen waaraan 171 kinders met ’n gemiddelde ouderdom van 10.08 jaar deelgeneem het. Hierdie studie was gedoen deur die Ohio Staat Universiteitskollege vir Optometrie, en dit was ontwerp om vas te stel of visuele persepsie en geheue prestasie in wiskunde kan voorspel.

Kulp en medewerkers se gevolgtrekking was die volgende: “Daar is ’n beduidende verband tussen swak visuele persepsie en swak wiskunde-prestasie. Visuele perseptuele vermoë, en in besonder visuele geheue, is van die vaardighede wat beduidend verband hou met wiskundige prestasie.”

Kleindorpse Eskimo-kinders het uitstaande visuele geheue

‘n Visuele geheuetoets is aan 501 stedelike Kaukasiese kinders en aan 125 kleindorpse Eskimo kinders gegee. Die Eskimo kinders se visuele geheue was beduidend beter. Dit is ook bevind dat hulle visuele geheue met toename van ouderdom beduidend verder verbeter het.

In teenstelling tot die opvallende visuele verskille in die stedelike omgewing, is die Noordpoolstreek ‘n wêreld van visuele eenvormigheid. Die plat, monotone toendra en opeengestapelde see-ys bied uiters karige visuele bakens aan wat gedurende die jagtog, waarvan oorlewing gedeeltelik afhanklik is, vir navigasie aangewend kan word. Om te kan jag en weer sy weg terug te vind na sy dorpie, is die Eskimo soms van uiters geringe visuele aanduidings afhanklik, soos rotse in bepaalde posisies of die hoek waarteen die Groot Beer lê op verskillende tye van die dag. Kaukasiërs, wat saam met Eskimo’s gereis het, maak dikwels gewag van hulle buitengewone vermoë om oor ‘n terrein te reis wat arm is aan onderskeidende landmerke, deur noukeurig te let op die kleinste landmerke en deur hulle ruimtelike plasings te memoriseer.

Edublox verbeter visuele geheue 

In ‘n interessante navorsingstudie het Dr Jaidan Mays, ‘n chiropraktisyn, die effek van Edublox-opleiding versus Edublox-opleiding gekombineer met servikale spinale manipulasie (manipulasie van die nekwerwelkolom) op visuele geheue en visuele reeksgeheue vergelyk.

Servikale spinale manipulasie is ‘n algemene metode vir die behandeling van nekpyn en hoofpyn met meer as 18 miljoen sulke behandelings wat jaarliks deur Amerikaanse chiropraktisyns uitgevoer word. Die doel met manipulering is om deur beheerde krag met die hand gewrigsbeweeglikheid te herstel in gewrigte waarvan die beweging beperk geraak het as gevolg van ‘n weefselbesering.

Dr Gorman, ‘n oogspesialis, het beweer dat ‘n afname in bloedvloei na die brein, wat veroorsaak word deur wanbelyning of wanfunksionerende werwels, lei tot ‘n afname in breinfunksionering. Na aanleiding van Dr Gorman se bevindinge het Dr Allan Terrett, ‘n chiropraktisyn, beweer dat servikale spinale manipulasie lei tot verhoogde serebrale bloedvloei, wat veroorsaak dat hierdie “hibernerende” dele van die brein weer funksioneel raak.

Dr Mays het Terrett se teorie getoets.

Vier-en-dertig leerders in Graad 5, 6 en 7 van ‘n middestad-skool het aan Mays se studie deelgeneem. Twee subtoetse van die Visuele Persepsietoets (TVPS-3) is gebruik om die visuele geheue en visuele reeksgeheue van die leerders te meet. Daarna is hulle in twee gelyke groepe verdeel.

Die lede van die eerste groep (die Edublox-groep) is deur ‘n Edublox-tutor afgerig vir 22,5 ure oor ‘n tydperk van vyf dae. ‘n Holistiese Edublox-program is gevolg, wat ouditiewe oefeninge en leesoefeninge ingesluit het.

Die lede van die tweede groep (die Edublox en Manipulasiegroep) het dieselfde Edublox-opleiding as die eerste groep ontvang. Maar hierdie tweede groep het ook elke oggend vir die vyfdag-tydperk servikale spinale manipulasie ontvang. Na die vyf dae is die TVPS-3-assessering herhaal.

Die resultate: Die gemiddelde Visuele Geheuetoets se NA-telling vir beide groepe was aansienlik hoër as die gemiddelde Visuele Geheuetoets se VOOR-telling. Die gemiddelde telling vir beide groepe het verbeter van 6,2 jaar tot 7,5 jaar. Soos die grafiek hieronder illustreer, het die Edublox-groep effens meer verbeter as die Edublox en Manipulasiegroep (‘n verbetering van 6,3 tot 7,8 jaar versus ‘n verbetering van 6,2 tot 7,1 jaar):

Graph

Die volgende grafiek wys die gemiddelde VOOR en NA Visuele Reeksgeheue vir die twee groepe. Terwyl die gemiddelde telling van die Edublox-groep verbeter het met 1,5 jaar (van 6,6 tot 8,1 jaar), het die gemiddelde telling van die Edublox en Manipulasiegroep met 0,6 afgeneem (van 8,5 tot 7,9 jaar).

Graph

Hierdie resultate bevestig nie Terrett se teorie nie. Inteendeel, die navorsing dui daarop dat die teenoorgestelde siening dalk korrek mag wees, dit is dat servikale spinale manipulasie verminderde serebrale bloedvloei veroorsaak wat negatief inwerk op kognitiewe breinfunksies. Hierdie resultate bevestig egter wel die doeltreffendheid van Edublox-programme om die kwaliteit van kinders se lewens te verbeter.

Share Button

Leave a Reply

avatar
  Subscribe  
Notify of
Skip to toolbar