fbpx

Video: Hulp Vir Kinders Wat Sukkel Met Lees

Lees is die belangrikste vaardigheid wat ‘n kind op skool moet verwerf, want hy leer om te lees met ‘n bepaalde doel voor oë — sodat hy kan lees om te leer. Om behoorlik te kan lees is dus die grondslag van, of voorvereiste vir leersukses op skool, en uiteindelik ook ‘n belangrike bepaler van ‘n mens se beroepsukses in die toekoms.

Edublox lees- en leerklinieke spesialiseer in kognitiewe opleiding wat kinders slimmer maak, en hulle help om vinniger, makliker en beter te leer en te lees. Die klasse spreek die volgende aan:

  • Konsentrasie: Gefokusde en volgehoue aandag.
  • Perseptuele vaardighede: Visuele en ouditiewe voorgrond-agtergrond onderskeidingsvermoë; visuele en ouditiewe diskriminasie, sintese en analise; vorm-onderskeiding; ruimtelike verhoudings.
  • Geheue: Visueel en ouditief, kort- en langtermyn, reeks- en werkende geheue.
  • Logiese denke: Deduktiewe en induktiewe redenering.
  • Lees, spel, woordeskat en begrip.

    Luister na ‘n ma wat vertel hoe kognitiewe ontwikkeling haar kind gehelp het om te presteer:

Share Button

Leave a Reply

avatar
  Subscribe  
Notify of
Skip to toolbar