Hulp vir Leerders wat Sukkel met Lees en Wiskunde

“Jason het sy eerste kwartaal in Graad 6 nie gemaak nie en was baie mismoedig,” vertel Leonie de Beer, ‘n senior boekhouer en mamma van Centurion. “Hy het gesukkel met lees, begrip en ook wiskunde. Ons as ouers was so bekommerd en het nie geweet waarheen om te gaan nie!”

Jason se gevoelens van neerslagtigheid is geensins uniek nie. Volgehoue leermislukking en leesprobleme lei tot angs, verleentheid en frustrasie.

“Reeds teen die einde van Graad 1 begin kinders wat moeilik leer lees minder positief oor hulself voel as toe hulle met skool begin het,” sê Dr Reid Lyon, ‘n gewese navorser van die Nasionale Instituut vir Gesondheid (NIG) van die VSA. “Soos ons kinders volg deur laer- en hoërskooljare verswak hulle selfvertroue en die motivering om te lees selfs verder.

“Skooluitsakkers, tienerswangerskappe, swak akademiese prestasie, misdaad — dit alles is uiteindelike gevolge van die onvermoë om te leer lees,” vervolg Lyon.

Meer as drie dekades se navorsing deur die NIG het bevind dat uit die 10 tot 15 persent van kinders wat skool voortydig verlaat, meer as 75 persent leesprobleme het.

In Suid-Afrika is lees- en leerprobleme ‘n werklikheid. Skokresultate toon dat ons leerders konstant onderpresteer in lees, wiskunde en wetenskap en nie net onder die swakste ter wêreld gereken word nie, maar ook onder die swakste in Afrika.

Op soek na antwoorde

Leonie het besluit om op die internet te gaan soek vir antwoorde of hulp en het sodoende Edublox gevind.

Jason het gou begin gedy. “Teen die einde van kwartaal 2 het sy punte alreeds met 20 persent opgegaan in Afrikaans en Engels het ook met 15 persent verbeter. Ons kon verbetering in al sy vakke sien. Jason was soos ‘n nuwe kind,” vertel Leonie. “En boonop het hy die klasse verskriklik geniet!

“Die enigste probleem waarmee ons nog gesit het, was sy wiskunde, wat ons ook laat besluit het om na Edublox toe te gaan vir ‘n oplossing.”

Jolanda van die Edublox-tak in Doringkloof het Mathblox-klasse voorgestel.  “Mathblox is is daarop gemik om leerders ‘n in-diepte begrip van wiskundige terminologie te leer,” verduidelik Jolanda. “Wiskunde boustene soos verdeelde aandag, visuele prosessering, werkende geheue en logiese denke word bevorder en leerders doen ook praktiese wiskundige oefeninge.”

Gou het Jason se wiskundige vermoë begin verbeter. “Jason sou gewoonlik angstig geraak het as dit by wiskunde periode kom, maar nou kan hy nie wag nie, vertel Leonie opgewonde. “Waar hy gewoonlik punte sou huis toe bring van 15 uit 40 het hy laas week trots huis toe gekom met ‘n punt van 24 uit 25!

“Ek kan nie genoeg dankie sê aan Edublox in Doringkloof vir julle hulp en ondersteuning nie! Edublox is fantasties en ek sal dit enige tyd aan enige iemand aanbeveel!”

Kontak Jolanda by (012) 667-2252 of 083-231-6007, besoek www.edubloxsa.co.za vir meer inligting oor Edublox-klasse of www.edubloxtutor.com vir inligting oor ‘Edublox Online Tutor.’ Die lees- en speloefening van ‘Edublox Online Tutor’ is ook in Afrikaans beskikbaar.

Share Button

0 Responses on Hulp vir Leerders wat Sukkel met Lees en Wiskunde"

Leave a Message

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Setup Menus in Admin Panel

Skip to toolbar