fbpx

Hulp vir Probleme met Wiskunde

Wiskunde ProblemeDie onrusbarend-lae Wiskunde-uitslae op hoërskoolvlak is rede tot kommer: die gemiddelde persentasie van Graad 9-leerders wat die 2014 Jaarlikse Nasionale Assessering Wiskundetoets geskryf het was 10%, en slegs 35.1% van verlede jaar se Matrikulante het ‘n finale punt van 40% of meer in Wiskunde behaal.

“Hierdie uitslae is kommerwekkend, maar daar is hoop. Die sleutel tot die oplossing van die nasionale Wiskundeprobleem is om betyds in te gryp tydens die grondslagfase,” sê Edublox se Direkteur van Opvoedkundige Programme, Susan du Plessis.

Oorvol klaskamers, gebrek aan vervoer vir leerders en onopgeleide onderwysers word voorgehou as redes vir die swak Wiskundeprestasie. Terwyl die Departement van Basiese Opvoeding beplan om werkswinkels vir Graad 8 en 9 Wiskunde-onderwysers aan te bied en te belê in infrastruktuur, reken opvoedkundige deskundiges die volhoubare oplossing lê in die grondslagfase.

“Dis nie korrek om te beweer dat die rede vir die groot aantal leerders wat uitsak in Graad 10 of 11 te wyte is aan probleme in Graad 9 of Graad 8 nie. “Dis nie die geval nie,” sê opvoedkundige ekonoom Nicholas Spaull. “Ons weet dat kinders nie die basiese vaardighese in Grade 1-3 kry nie, en dis waarop ons moet fokus. Matriek begin in Graad 1.”

Du Plessis stem saam met Spaull en sê, “Die Wiskundeprobleme wat ons op senior skoolvlak opmerk is te wyte aan gebrekkige basiese begrip van die vak in die laerskool. Ouers moet nie moedeloos raak oor die probleem nie. Indien hulle bedag is op tekens dat hulle kind met die vak sukkel, kan vroegtydige ingryp in die laerskool daartoe bydra dat leerprobleme nie nog steeds op hoërskoolvlak teenwoordig is nie. Die gesegde, ‘voorkoming is beter as genesing’, is in hierdie geval heeltemal waar.”

Edublox bied ‘n Wiskundige hulpprogram met ‘n unieke benadering vir Graad 2 tot Graad 7 leerders aan. “Alvorens hersieningswerk van enige nut kan wees, vestig Mathblox ‘n in-diepte begrip van Wiskundige terminologie. Volgende word basiese vaardighede soos gefokusde, volhoubare en verdeelde aandag, visuele prosessering, en deduktiewe en induktiewe redenering opgeskerp. Kurrikulum-gebaseerde oefeninge wat hoofrekene, tyd lees en woordsomme insluit word gebruik om begrip verder te verbeter. Visuele, reeks- en werkende geheue word ook bemeester deur die Mathblox-klasse, “ sê du Plessis.

Werkende geheue word beskryf as die “enjin van leer”, want dit is bewys as die primêre voorspeller van akademiese prestasie. Dit is die kognitiewe sisteem wat daarvoor verantwoordelik is om inligting tydelik te stoor en dan te manipuleer. Byvoorbeeld, wanneer ‘n probleem soos (3X3) + (4X2) met hoofrekene opgelos moet word, moet die tussenstappe eers gestoor word (bv. 3X3 =9) ten einde die hele probleem op te los. ‘n Goeie werkende geheue help ons ook om op ‘n taak te fokus en om dinge wat die aandag aflei, uit te skakel.

Wiskunde is ‘n laagsgewyse proses, verduidelik du Plessis. “Sekere vaardighede moet eers bemeester word voor dit moontlik word om die daaropvolgende vaardighede baas te raak. Dit kan vir ‘n kind baie deure oopmaak as hy of sy in Wiskunde uitblink.”

Ouers van kinders in die grondslagfase kan maklik agterkom indien hulle kinders addisionele ondersteuning in Wiskunde benodig deur hulself die volgende af te vra:

• Is my kind se Wiskundepunte laag?
• Sukkel my kind met hoofrekene?
• Tel my kind op sy of haar vingers?

Du Plessis sê kinders wat in Graad 4 nog steeds op hulle vingers tel, loop die gevaar om meer komplekse elemente van die vak mis te loop, en dit het ‘n negatiewe impak op hulle kanse om Wiskunde op hoërskool te slaag.

Dit word algemeen aanvaar dat kinders teen die tyd dat hulle Graad 1 toe gaan, reeds kan tel. Tel saam met jou kind van 1 tot 11 en agteruit. Sodra hy dit bemeester het, laat hom dit herhaal van 11 – 21, en daarna van 21 – 31. Met hierdie tegniek sal hy stadig maar seker vorder tot 100.

“Die vermoë om agteruit te tel dui op ‘n behoorlike begrip van die volgorde van syfers. Wiskunde gaan oor die vermoë om te tel. ‘n Kind wat nie behoorlik kan tel nie sal nie na meer komplekse somme kan vorder nie, “ sê du Plessis.

Maak nie saak watter loopbaan jy wil volg nie, Wiskunde is belangrik. Indien jy dit nie verstaan nie, beperk jy jou loopbaankeuse. Dit is van kritiese belang om die fondament stewig te vestig vanaf Graad 1. ‘n Sterk Wiskunde-fondament hou vir ewig.”


Edublox bied Mathblox-klasse aan. Dié klasse is gemik op Graad 2- tot 7-leerders en lê die grondslag vir wiskundige begrip. Ons doen dit deur jou kind:

• ‘n In-diepte begrip van die terminologie wat in wiskunde gebruik word te leer.
• Fundamentele wiskunde vaardighede te ontwikkel, soos byvoorbeeld gefokusde, volgehoue en verdeelde aandag;  visuele prosessering; visuele -, reeks- en werkende geheue; deduktiewe en induktiewe redenasie.
• Toepassing in die vorm van kurrikulum-gebaseerde oefeninge te laat doen — hoofrekene, tyd lees, woordsomme, ensovoorts.

Share Button

6
Leave a Reply

avatar
3 Comment threads
3 Thread replies
0 Followers
 
Most reacted comment
Hottest comment thread
3 Comment authors
adminCharmaine v.d. Merwecharlene armstrong Recent comment authors
  Subscribe  
newest oldest most voted
Notify of
charlene armstrong
Guest

Comment my son has been strugling with mathematics for awhile now he is in grade 4 at an afrikaans and english school

Charmaine v.d. Merwe
Guest
Charmaine v.d. Merwe

My kleinkind Graad 5 sukkel met wiskunde. Hy het verlede kwartaal wiskunde gedruip en is dringend opsoek na hulp….

Charmaine v.d. Merwe
Guest
Charmaine v.d. Merwe

Baie dankie vir die terugvoering ek waardeer dit opreg. Hoe gaan ek te werk om my kleinkind by die program in te skakel?

Laat weet asb…

Met dank

Skip to toolbar