fbpx

My Kind Doen Swak op Skool

Bianca maak haar 11-jarige dogter, Marli, se rapport oop en kan nie glo wat sy sien nie. Die woorde “voldoen nie aan die vereistes nie” en “moet dringende aandag kry” lyk vir haar onwerklik.

Marli is pligsgetrou en het elke dag haar huiswerk gedoen. Sy is ook nie siek nie en lyk nie teneergedruk en of daar iets met haar fout is nie. “Het ek dalk iets verkeerd gedoen? Wat gaan ek doen?” wonder Bianca. Marli het dan so hard geleer!

As ouers wil ons graag die beste vir ons kinders hê en is dit ‘n groot bron van stres as hulle nie goed op skool doen nie.

Ouers met ‘n kind wat op skool sukkel, kan met gevoelens van angs, onsekerheid, frustrasie en skuldgevoelens worstel en wonder dikwels wat hulle verkeerd gedoen het.

Impak van swak skoolprestasie op die kind 

“Wanneer ’n kind ’n swak vaar op skool het dit negatiewe akademiese, sosiale en emosionele gevolge vir die kind,” sê Rika Pieters, eienaar van die Edublox-tak in Kimberley.

“Kinders betaal gewoonlik ’n hoë prys wanneer hulle nie in staat is om te voldoen aan die akademiese standaard wat van hulle verwag word nie.

“Benewens die feit dat dit hulle daarvan weerhou om hul droomloopbaan te volg, ontwikkel hulle dikwels ook emosionele probleme wat sielkundige skade tot gevolg kan hê,” sê Rika.

Dr. Marianna Alesi het in haar navorsing bevind dat studente wat herhaaldelik misluk meer geneig is tot angs en vermydende gedragspatrone. Volgens Alesi veroorsaak dit ’n kringloop wat ‘n kind se selfwaarde knou en dit kan ’n negatiewe invloed op alle aspekte van sy toekomstige ontwikkeling veroorsaak.

Finansiële impak op die gesin

Wanneer ’n kind ’n graad moet herhaal, het dit ’n finansiële impak op die gesin. Onlangse navorsing deur Old Mutual dui aan dat ’n kind wat ’n skooljaar herhaal, ’n gesin om en by R37 000 aan skoolverwante koste uit die sak kan jaag. Dit sluit nie kos, vervoer en ontspanning in nie.

Wanneer ons kyk na die bykomende koste om ’n skooljaar te herhaal, is die eenvoudige, ekonomiese keuse om in die oplossing van leerprobleme te belê.

“Die tydelike finansiële opoffering om jou kind se probleme op te los, is in der waarheid ’n langtermyn emosionele en opvoedkundige belegging in jou kind se sukses,” sê Rika.

Smoor leerprobleme in die kiem

Zuan

Marina Viljoen is ’n ouer wat kan getuig van die sielkundige en finaniële voordele daaraan verbonde om betyds hulp te soek by ’n vooraanstaande leer-en-leeskliniek.

“Gedurende Augustus 2016 het ons baie gesukkel met Zuan se skoolwerk,” vertel Marina. “Dit was slordig en sy juffrou het vir ons gesê dat hy nie graad 4 gaan slaag nie. Zuan het baie gesukkel met konsentrasie en stadig gewerk. Sy skrif was ook van so aard dat die juffrou dit nie kon lees nie.

“Ek het op Edublox se Facebook-blad afgekom en ons het hom gevat vir ‘n assessering. Na die terugvoer het ons besluit om hom by Edublox in te skryf vir ‘n jaar.

“Na ‘n paar maande by Edublox kon ons ‘n verskil sien in Zuan se werk. Hy het aansienlik mooier geskryf. Huiswerk is nie meer die nagmerrie wat dit was nie en hy voltooi dit nou baie vinniger as voorheen. Sy boeke is ook baie netjieser en is nie meer vol rooi merke omdat sy werk nie in die klas voltooi is nie.

“Groot was ons verligting toe hy sy graad 4-rapport kry in Desember 2016 en bevorder word na graad 5. Zuan se lees en spel het ook so verbeter dat hy nou volpunte kry vir spelling.”

“Die beste oplossing vir ouers is om so gou moontlik hulp te kry,” beklemtoon Rika. “Smoor leerprobleme in die kiem; dit is sinvol uit ’n finansiële oorweging, en dit bou jou kind se selfvertroue.”

Kontak Rika Pieters by (087) 310-5286 of 062-998-5640, besoek www.edubloxsa.co.za vir meer inligting oor Edublox-klasse of www.edubloxtutor.com vir inligting oor ‘Edublox Online Tutor.’ Die lees- en speloefening van ‘Edublox Online Tutor’ is ook in Afrikaans beskikbaar.

Share Button

Leave a Reply

avatar
  Subscribe  
Notify of
Skip to toolbar