fbpx

Kinders Kan Hulle Konsentrasie in Net Vyftien Ure Verbeter

verbeter konsentrasieBaie kinders vind dit moeilik om te konsentreer en sukkel gevolglik om te leer of eksamens af te lê. Volgens ‘n onlangse studie wat ontleed is deur die Sentrum vir Evaluasie en Assessering aan die Universiteit van Pretoria, kan hierdie noodsaaklike kognitiewe vaardigheid egter binne net 15 ure aangeleer word.

Die studie het die verbetering in kognitiewe vaardighede van 27 Engelssprekende skoolkinders tussen die ouderdomme van 10 – 12 gemeet nadat hulle vir vyf dae ‘n opleidingsprogram van 15 ure bygewoon het wat deur Edublox, ‘n Suid-Afrikaanse lees- en leerkliniek, saamgestel is.

Die studie is in Singapoer deur die Mind Edge-opleidingsakademie gedoen om die studente voor te berei vir die hoogs mededingende hoërskool intree-eksamen wat aan die einde van graad 6 geskryf word.  Dié studie, wat geborg is deur Flordis SA, ‘n natuurlike medikasie-maatskappy, het die prestasie van die 27 Singapoer-leerders gevolg voor en nadat hulle die opleidingsprogram voltooi het. Hulle resultate is vergelyk met dié van ‘n kontrolegroep van 25 kinders van dieselfde ouderdom wat ook deelgeneem het aan voor- en na-prestasietoetse maar sonder blootstelling aan die opleiding tussen-in.

Die toetsresultate van die 27 leerders het `n beduidende verbetering in konsentrasie, of gefokusde aandag, getoon met feitlik geen verandering in die kontrolegroep nie.

“Gefokusde aandag is die vermoë om selektief op een aspek van die omgewing te konsentreer terwyl ander dinge geïgnoreer word,” verduidelik die direkteur van Edublox Opvoedkundige Programme, Susan du Plessis. “Hierdie tipe konsentrasie is fisies sowel as verstandelik uitputtend  en is baie uitdagend vir mense met probleme soos aandaggebreksindroom (AGS) wat sukkel om aandagafleidings uit te filtreer.”

Die deelnemers se konsentrasie is geassesseer met ‘n aanlyntoets van Cambridge Brain Sciences genaamd ‘Feature Match’, wat getoets het hoe vinnig hulle verskille tussen ‘n reeks ingewikkelde en soortgelyke beelde kon identifiseer.

Opleiding in kognitiewe vaardighede by Edublox is verfyn met ‘n kombinasie van rekenaargebaseerde oefeninge, tutorgebaseerde opleiding in klein groepies, en toepassing in die vorm van lees- en skriftelike oefeninge.

Die oefeninge vereis dikwels dat leerders meer as een kognitiewe vaardigheid gelyktydig aanleer. Byvoorbeeld, ‘n oefening wat ruimtelike en visuele geheuevaardighede asook konsentrasie vereis, is om ‘n presiese weergawe te bou van ‘n reeks gekleurde blokkies nadat dit verwyder is. Omdat Edublox multi-sensories is, moet studente ook na die beskrywing van ‘n patroon luister en die patroon bou nadat hulle dit gevisualiseer het.

Beide du Plessis en Alan Yip, stigter van die Singapore Mind Edge Academy, is dit eens dat die ontwikkeling van konsentrasie globaal benadeel word deur multimedia wat die aandag aflei, soos televisie, elektroniese speletjies en die gebruik van slimfone.

Du Plessis wys daarop dat “Alles wat kinders op skool leer en doen volgehoue konsentrasie vir minstens 20 minute verg, sowel as die vermoë om dan weer op dieselfde ding te herfokus.” Sy sê dat, om lees en spel te bemeester, dit ook kardinaal is om die kognitiewe vaardighede persepsie, geheue en logiese denke te verfyn.

Die toenemende aantal kinders met leerprobleme is toe te skryf aan die feit dat die opvoedkundige stelsel nie meer opleiding in hierdie kritieke fundamentele vaardighede bied nie, sê sy – selfs nie in graad 1 nie.

“Met elektroniese media hoef kinders nie meer hul verbeelding te gebruik, of te onthou wat die vorige dag in `n radio-episode gebeur het nie,” brei sy uit. “Minder ouers lees vir hulle kinders en so mis hulle geleenthede om die woorde in stories en kinderrympies wat oor en oor herhaal word, te memoriseer.”

Dertig tot veertig ure onderrig is gewoonlik voldoende om ‘n leerder op ‘n hoër kognitiewe vlak te plaas, sê sy. Optimalisering van lees-, spel- en wiskundeprestasie kan enigiets van 60 tot 210 ure van bykomende opleiding vereis, afhangende van die agterstand wat die kind ondervind.

Du Plessis sê dat kinders dikwels foutiewelik met aandaggebrek geëtiketteer word. Die probleem word egter in baie gevalle opgelos nadat hulle geleer het hoe om behoorlik te konsentreer. Sy glo dus dat ouers medikasie in oorleg met gepaste behandelende professionele persone moet oorweeg eers nadat opleiding in fundamentele kognitiewe vaardighede ondergaan is.

Daar is positiewe terugvoer gekry van sommige ouers wat KeenMind probeer het, sê sy. Dit is ‘n klinies beproefde natuurlike medikasie wat die krui Bacopa monnieri bevat, wat vir drieduisend jaar in Indië gebruik is om geheue en konsentrasie te bevorder.

Konsentrasiewenke

Die stigter van Mind Edge, Alan Yip, deel ‘n paar basiese konsentrasiewenke:

Om gefokus te bly tydens huiswerk of voorbereiding vir eksamen

  • Pak die mees uitdagende projekte aan wanneer jou verstand op sy helderste is.
  • Wees positief en vertel jouself dat jy die opdrag kan behartig.
  • Studeer idealerwys alleen sodat ander mense nie jou konsentrasie onderbreek nie.
  • Raak in die regte gemoedstoestand. Skuif al jou bekommernisse en dinge wat jou aandag aflei opsy, soos byvoorbeeld deur dit neer te skryf sodat jy later daaraan aandag kan skenk.
  • Sny eksterne aandagafleidings soos die TV of radio wat in die agtergrond speel uit. Bêre jou selfoon.
  • Beplan wat jy gaan doen voordat jy studeer. Navorsing toon dat dit op sigself jou konsentrasie met 200% – 400% kan verhoog.
  • Stel duidelike, konkrete doelwitte – byvoorbeeld, hoeveel somme of bladsye geskiedenis jy gaan bemeester.
  • Studeer vir 30 – 40 minute.
  • Voordat jy na die volgende vak gaan, lees nog net een bladsy. Dit is soos om nog een opstoot te doen om jou konsentrasie tot op die maksimum perk te stoot en te verbeter.

 

Share Button

5
Leave a Reply

avatar
3 Comment threads
2 Thread replies
0 Followers
 
Most reacted comment
Hottest comment thread
5 Comment authors
Susan du Plessisevelyn viviersNelia Raubenheimeradminannetjie Recent comment authors
  Subscribe  
newest oldest most voted
Notify of
annetjie
Guest

my kind leer maar vergeet.soek hulp

Nelia Raubenheimer
Guest
Nelia Raubenheimer

My kleindogter van 5 jaar sukkel geweldig om in haar klas te konsentreer. Sy was al by n arbeidsterapeut. Sal edublox haar meer help.

evelyn viviers
Guest
evelyn viviers

Ons al moedeloos met ons kleinseun. Hy was op rittilin en reperal. Het hom nou in n pvt skool. Het hom nou op pmega 3 enBio strath.
volgens sy siekundige verslag is hy slim. Hy in gr 5. Doen nie sy skoolwerk nie.
dankie
tel 0749073717

Susan du Plessis
Admin

Hello Evelyn

Ek is regtig jammer om te hoor van jou kleinseun. Ek stel voor dat jy by die naaste Edublox-tak aanklop vir hulp. Hier is ‘n lys van al ons takke: https://www.edubloxsa.co.za/contact-us/

Groete

Skip to toolbar