fbpx

Kinders Ondervind Wêreldwyd Probleme Met Lees

African boy having stress while readingHierdie artikel het verskyn in Die Burger op 6 Junie 2001:

LEESPROBLEME word wêreldwyd ondervind. Alle pogings wat tot dusver aangewend is om die probleem onder die knie te kry, het misluk.

Steeds meer en meer kinders in lande oor die wêreld heen sukkel met lees. Honderd jaar gelede, in ‘n land soos Amerika, het ongeletterdheid op ‘n skrale 2,2% gestaan. Daar is toe voorspel dat ongeletterdheid in daardie land binnekort heeltemal uitgewis sou wees. Presies die teenoorgestelde het gebeur. Ongeletterdheid in Amerika is steeds aan die toeneem en daar is sommige state waar die ongeletterdheidsyfer reeds aan 50% raak.

Suid-Afrika is nie ver agter by die res van die wêreld nie. ‘n Onlangse ondersoek het getoon dat 60% van alle gr. 3-leerlinge in Suid-Afrika nie kan lees nie. Verdere studies deur die Raad vir Hoër Onderwys en Idasa, in samewerking met die departement van onderwys, het aangedui dat voorskoolse en gr. 1-leerlinge nou swakker lees as voordat resultaatgerigte onderwys ingefaseer is.

Na aanleiding hiervan het die Sentrum vir Disleksie besluit om in April ‘n leesbewustheidsveldtog te begin. Die vernaamste doel van hierdie veldtog was om bewustheid oor hul kinders se leesvermoë by ouers te kweek. As deel van die veldtog is gratis leestoetse aangebied.

Altesame 29 leerlinge se leesvermoë is tydens die veldtog gratis geëvalueer. Hoewel die kinders wat getoets is, nie as verteenwoordigend van die bevolking gesien kan word nie, skep dit groot rede tot kommer.

Uit die 29 leerlinge was daar 11 wie se leesvermoë so swak was dat hulle nie die leestoets kon voltooi nie. Van hierdie 11 leerlinge was 1 in gr. 1 en 2 in gr. 2. Aangesien die leesstuk op ‘n gr. 2-standaard was, was dit dus nog aanvaarbaar. By die ander 8 leerlinge was dit egter ‘n ander storie. Van hulle is 6 in hoofstroom-onderwys en die gemiddelde ouderdom van hierdie 6 leerlinge is 9 jaar en 11 maande, terwyl hul gemiddelde skoolvlak gr. 4 is. Dit beteken dat hul gemiddelde leesouderdom verskeie jare agter hul chronologiese ouderdom is.

Enkele ouers het aangedui dat hulle heeltemal onbewus was van hul kinders se onvermoë om te lees. Hul kinders se rapporte het skynbaar nooit enige aanduiding gegee dat daar ‘n leesprobleem bestaan nie.

Uit die veldtog het geblyk dat leesvermoë nou op ‘n bekommerenswaardig lae vlak is en dat dringend aandag gegee moet word aan leesonderrig. Die Sentrum vir Disleksie sal die saak nou graag verder wil voer deur werklik tasbare hulp aan die ouers te bied. Dit wil hy doen in die vorm van landwye werksessies. Tydens hierdie werksessies sal ouers opgelei word om self hul kinders suksesvol te leer lees.

Ouers kan tuis ‘n eenvoudige toetsie uitvoer om vas te stel of hulle enigsins rede tot kommer het.

Belangstellende ouers kan die Sentrum vir Disleksie in kantoorure by (012) …… bel.

Share Button

Leave a Reply

avatar
  Subscribe  
Notify of
Skip to toolbar