fbpx

Kleurblokkies Verbeter Leesprobleme Speel-Speel

Coloured CubesHierdie artikel het verskyn in Die Burger op 24 Julie 2002:

OOIT gedink gekleurde blokkies, inkleurpotlode, letters en werkkaarte kan die lewe van derduisende kinders en volwassenes wêreldwyd verbeter?

Dít is Audiblox, die opvoedkundige leerprogram wat al sedert die 1980’s hoop bring aan mense met leer- en leesprobleme.

Die program is al suksesvol gebruik in spesiale skole, asook met druipelinge en kinders met breinskade en verstandelike gestremdheid. Dit word ook ingespan in remediërende onderwys én onderrig aan begaafde kinders. Mense met disleksie, sowel as kinders sonder leerprobleme sal daarby baatvind.

Hoe om disleksie te herken:

Woorde of letters soos b en d word omgeruil en verwar.

Die kind lees huiwerig of woord vir woord, verloor aanhoudend sy plek; laat dele uit of lees dieselfde reël twee keer.

‘n Woord word gespel soos dit klink byvoorbeeld sienkie, eerder as seuntjie.

Die leesbegrip is swak of die kind onthou min van wat gelees is.

‘n Swak of baie stadige handskrif.

Bel … om uit te vind hoe Audiblox leer- of leesprobleme kan help oplos.

Share Button

Leave a Reply

avatar
  Subscribe  
Notify of
Skip to toolbar