Leer Afrikaans: Verkleinwoorde

In die meeste tale word ‘n verkleiningsvorm gevorm deur ‘n agtervoegsel en/of ‘n ekstra verbuiging van die oorspronklike woord. In Afrikaans word die agtervoegsels -etjie, -tjie, -jie, -pie, -kie en -ie saam met ‘n paar verboë vorms gebruik.

Die gebruik van verkleinwoorde is so algemeen in Afrikaans dat die verkleiningsvorme in enkele gevalle meer algemeen geword het as die aanvanklike vorm, of selfs die enigste algemeen gebruikte vorm geword het. Byvoorbeeld: bietjie, netjies, baadjie, mandjie, boontjie, vlokkie, seeperdjie.

Wanneer gebruik ‘n mens die verkleiningsvorm?

• Die verkleining word gebruik om te wys dat iets klein is en nie groot is nie. Die seuntjie is baie kleiner as daardie groot seun.
• Wanneer die woord klein gebruik word, moet dit altyd deur die verkleining gevolg word. Die klein mannetjie staan in die pad. Die klein man… is verkeerd.
• Die verkleining word dikwels in Afrikaans gebruik om ‘n sekere gevoel uit te druk. Kyk na die volgende voorbeelde: My hartjie, ek is lief vir jou. (liefde), Wie dink daardie ou prokureurtjie is hy! (minagting), Ag, wil jy nie hierdie ou tjekkie vir liefdadigheid gee nie? (beskeidenheid), Hy is seker te bang sy ou handjies word vuil. (spot)
• Alhoewel verkleining hoofsaaklik by selfstandige naamwoorde gebruik word, kom dit ook voor by ander woordsoorte. Bywoorde kan verklein word, byvoorbeeld saggies, stilletjies. Verkleining van ‘n byvoeglike naamwoord kan gebruik word om die woord te verander in ‘n selfstandige naamwoord. Byvoorbeeld slim – slimmie, lank – langetjie. Werkwoorde word ook soms verklein, veral as met klein kinders gepraat word, byvoorbeeld slapies, werkies. Verkleinwoorde kan ook verder verklein word; dit is veral algemeen by woorde wat normaalweg slegs in hulle verkleinde vorme gebruik word, byvoorbeeld baadjietjie, boompietjie. grootgemaak is nie, aangesien verkleinwoorde gewoonlik baie gebruik word 

Hoe word die verkleining gevorm?

Verkleining word deur agtervoegsels gevorm: -ie, -jie, -etjie, -kie, -pie, -tjie

• Stamwoord + ie: Woorde wat eindig op s, k, p, g, f kry -ie as suffiks: muis – muisie, dorp – dorpie, huis – huisie
• Stamwoord + -etjie: stem – stemmetjie, ring – ringetjie, slang – slangetjie, blom – blommetjie.
• Stamwoord + pie: Woorde wat eindig op m: duim – duimpie, arm – armpie, boom – boompie
• Stamwoord + tjie: gogga – goggatjie, mamma – mammatjie.
• Woorde wat eindig op l, n, r en voorafgegaan word deur ‘n verswakte -e, ‘n lang vokaal, -ie, -oe of ‘n diftong -aai: raaisel – raaiseltjie, soen – soentjie, trui – truitjie
• Stamwoord + -jie: Woorde wat eindig op ‘n d of ‘n t kry ‘n verkleining met -jie: koerant – koerantjie, bad – badjie.
• Woorde wat eindig op ‘n enkel i, o, u en ‘n beklemtoonde a, kry ‘n ’tjie: foto – foto’tjie, Israeli’tjie, skadu’tjie, ma’tjie. Die onbeklemtoonde a kry slegs ‘n -tjie: padda – paddatjie, oupa – oupatjie, baba – babatjie
• Letters van die alfabet: a – a’tjie, s – s’etjie.
• Eiename wat op ‘n -e of -(r)s eindig wat nie uitgespreek word nie: Cilliers – Cilliers’tjie, Terblanche – Terblanche’ie. Eiename wat eindig op ander letters wat ook nie uitgespreek word nie, kry nie ‘n afkappingsteken nie: Du Preez – Du Preeztjie, Le Roux – Le Rouxtjie.
• Stamwoord + kie: Meerlettergrepige woorde wat op ‘n -ng eindig: koning – koninkie, beweging – beweginkie, rottang – rottankie, verhouding – verhoudinkie. As die woord net een lettergreep het, kry dit ‘n -etjie aan die einde: ring – ringetjie, kring – kringetjie.

Wenke

• Wanneer jy gevra word om die verkleining van ʼn woord te gee wat in die meervoud is, moet jy onthou dat die verkleining wat jy maak ook in die meervoud moet wees.
• Woorde in die sin wat jou ʼn leidraad sal gee om verkleining te maak, is woorde soos klein, kort, oulike, vlak, smal, ensovoorts.
• Onthou die afkappingsteken:

1. By woorde wat eindig op ‘n i, o, u en ‘n beklemtoonde a eindig bv. taxi’s, kombi’tjie, radio’tjie, ma’tjie, alibi’tjie, pomelo’tjie.
2. By eiename wat eindig op -e, -s en -x en bv. Estelle’tjie, Marais’tjie.
3. Woorde wat volgens alfabetletters uitgespreek word bv. TV’tjie, BMW’tjie.
4. Alfabetletters bv. a’tjie, l’etjie, m’etjie.
5. Soortname van syfers of getalle bv. 1’etjie
6. Soortname van syfers of getalle bv. gr. 2’tjie.

Voorbeelde

beloning – beloninkie
blaar – blaartjie
blom – blommetjie
boog – bogie
botsing – botsinkie
bottel – botteltjie
bril – brilletjie
buiging – buiginkie
bult – bultjie
buurman – buurmannetjie
bydrae – bydraetjie
Celliers – Celliers’tjie
cliché – clichétjie
collage – collage’ie
dam – dammetjie
dame – dametjie
deel – deeltjie
derm – dermpie
deur – deurtjie
dialoog – dialogie
dinamo – dinamo’tjie
ding – dingetjie
dogter – dogtertjie
donkie – donkietjie
doring – dorinkie
draad – draadjie
droom – droompie
druif – druifie
Du Toit – Du Toitjie
een – enetjie
Engelsman – Engelsmannetjie
ent – entjie
erfstuk – erfstukkie
familie – familietjie
figuur – figuurtjie
folio – folio’tjie
fooi – fooitjie
formule – formuletjie
foto – foto’tjie
fraiing – fraiinkie
gang – gangetjie
gaping – gapinkie
garetolletjie – garetolletjies
garing – garinkie
gat – gaatjie
gebed – gebedjie
geheim – geheimpie
geraas – gerasie
gesang – gesangetjie
gesig – gesiggie
gewig – gewiggie
glas – glasie
goed – goedjies
gogga – goggatjie
golwing – golwinkie
graaf – grafie
graf – graffie
haar – haartjie
haar – haartjies
haring – harinkie
hart – hartjie
heffing – heffinkie
heining – heininkie
helling – hellinkie
hemp – hempie
herinnering – herinnerinkie
hoed – hoedjie
hoepel – hoepeltjie
hoera – hoera’tjie
hoof – hofie
hoogte – hoogtetjie
horing – horinkie
horings – horinkies
hotel – hotelletjie
houding – houdinkie
huis – huisie
hut – hutjie
ietermagô – ietermagô’tjie
impi – impi’tjie
ingang – ingangetjie
Israeli – Israeli’tjie
jaar – jaartjie
jongman – jongmannetjie
kaart – kaartjie
kaas – kasie
kafee – kafeetjie
kan – kannetjie
kans – kansie
kar – karretjie
kartondose – kartondosies
ken – kennetjie
ketting – kettinkie
kimono – kimono’tjie
kloof – klofie
knoop – knopie
knop – knoppie
koei – koeitjie
kok – kokkie
kokon – kokonnetjie
kolonel – koloneltjie
kombers – kombersie
komma – komma’tjie
kommando – kommando’tjie
koning – koninkie
koord – koordjie
kraag – kragie
kraal – kraletjie
kroeg – kroegie
laagte – laagtetjie
laai – laaitjie
land – landjie
laning – laninkie
Le Roux – Le Rouxtjie
leerling – leerlingetjie
lem – lemmetjie
lepel – lepeltjie
lied – liedjie
liefdesbrief – liefdesbriefie
liefling – lieflingetjie
lit – litjie
lobôla – lobôla’tjie
luiperd – luiperdjie
m – m’etjie
man – mannetjie
Marais – Marais’tjie
melkbeker – melkbekertjie
merino – merino’tjie
mol – molletjie
mure – muurtjies
naam – naampie
nar – narretjie
nek – nekkie
non – nonnetjie
nooi – nooientjie
oë – ogies
okapi – okapi’tjie
omgewing – omgewinkie
onderneming – onderneminkie
oorlog – oorloggie
oortreding – oortredinkie
opening – openinkie
opmerking – opmerkinkie
ouma – oumatjie
pa – pa’tjie
paling – palinkie
papier – papiertjie
pen – pennetjie
piering –pierinkie
piesang – piesankie
plaasdam – plaasdammetjie
plato – plato’tjie
ploeg – ploegie
poeding – poedinkie
poel – poeletjies
poging – poginkie
preek – prekie
prop – proppie
radio – radio’tjie
rang – rangetjie
rekening – rekeninkie
ring – ringetjie
rob – robbetjie
roos – rosie
rottang – rottankie
sak – sakkie
salon – salonnetjie
skadu – skadu ‘tjie
skelm – skelmpie
skêr – skêrtjie
ski – ski’tjie
skilpad – skilpadjie
skip – skippie
skoonma – skoonma’tjie
skroef – skroefie
skyf – skyfie
slavin – slavinnetjie
sloot – slootjie
smaak – smakie
snor – snorretjie
som – sommetjie
span – spannetjie
speel – speletjie
sportfees – sportfesie
sprong – sprongetjie
stad – stadjie
stiefma – stiefma’tjie
stoel – stoeltjie
stoof – stofie
stoel – stoeltjie
stoof – stofie
streep – strepie
stome – stroompies
swerm – swermpie
taak – takie
tabel – tabelletjie
tak – takkie
tamatie – tamatietjie
tang – tangetjie
tas – tassie
Terblanche – Terblanche’ie
tjek – tjekkie
toring – torinkie
torpedo – torpedo’tjie
tou – toutjie
tradisie – tradisietjie
trofee – trofeetjie
trop – troppie
trui – truitjie
TV – TV’tjie
tyd – tydjie
vabond – vabondjie
val – valletjie
vriend – vriendjie
vrou – vroutjie
vrugteboord – vrugteboordjie
vuis – vuisie
wa – waentjie
waarskuwing – waarskuwinkie
woning – woninkie
woonstel – woonstelletjie
wurm – wurmpie
Xhosa – Xhosa’tjie
xilofoon – xilofoontjie
x-straal – x-straaltjie
x-strale – x-straaltjies
yskas – yskassie
ysstroom – ysstroompie
Zulu – Zulu’tjie

Die volgende verkleinwoorde word anders as normaalweg gevorm en jy moet dit goed ken

ertjie – ertjietjie
mandjie – mandjietjie
baadjie – baadjietjie
mossie – mossietjie
kappie – kappietjie
vat – vaatjie
pad – paadjie

Share Button

0 Responses on Leer Afrikaans: Verkleinwoorde"

Leave a Message

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Setup Menus in Admin Panel

Skip to toolbar