Logiese denke is die proses waardeur ’n mens redenering konsekwent en deurlopend gebruik om tot ’n besluit te kom. Probleme of situasies waarbinne logiese denke plaasvind verg struktuur, verbande tussen feite, en opeenvolgings van beredeneringe wat uiteindelik op ’n sinvolle gevolgtrekking uitloop.
Die verband tussen logiese denke en lees is lank reeds in die literatuur bevestig. Daar word gesê “daar is nie lees sonder redeneer nie” en daar word selfs gesê “lees is redeneer”.
Behalwe dat logiese denke belangrik is vir leesbegrip bestaan duidelike bewys daarvoor dat spesifieke opleiding in logiese denke mense “slimmer” maak. Sodanige opleiding stel kinders in staat om ontwykende antwoorde soos “ek weet nie,” of “dit is te moeilik,” te vermy. Dit bemagtig hulle om dieper te delf en beter begrip te verwerf oor hoe om by ‘n oplossing van ’n probleem uit te kom.
Oefening
Maak vir jou leerders drukstukke van die vasvra hier onder. Hulle sal elk ook ’n geel en rooi potlood benodig. Die uitdaging is om die vraagtekens met óf ’n soliede geel, ’n soliede rooi, ’n geel rand of ’n rooi rand te vervang:
Antwoorde
Edublox spesialiseer in opvoedkundige hulp wat kinders slimmer maak, hulle help om vinniger te lees en te leer en om wiskunde met vertroue aan te pak. Ons programme stel leerders daartoe in staat om leesprobleme en leerversperrings te bowe te kom sodat hulle lewenslank kan leer en sodoende bemagtig word om hulle hoogste opvoedkundige doelwitte te bereik.
Hi Susan
Hierdie oefening het my brein bietjie aan die gang gesit vir ‘n vroeë môre “Cognitive Skills Training’ – dankie. As onderwyseres wil ek graag ondersteun dat die doel van lees tog uiteindelik leesbegrip is! En ten nouste hiermee saam hang logiese denke/redenering.