fbpx

Leesprobleme Hier Opgelos

triangle-courier
Mev Marietha Maré, eienaar van die Edublox Lees-en Leekliniek, besig om kinders by te staan.

Hierdie artikel het verskyn in die Triangle Courier op 30 Maart 2010:

Al hoe meer kinders sukkel om te lees. Saam met die leesprobleem ontstaan leerprobleme wat swak punte tot gevolg het.

Die Edublox Lees- en Leerkliniek wat pas sy deure in Nilegate in Drie Riviere oopgemaak het, bied die antwoord op al die probleme. Die franchise, met Mev. Marietha Maré as eienaar, bied hulp aan leerders in die Vaaldriehoek gebied.

“As die ouers by ons om hulp kom aanklop, doen ek eers ‘n deeglike evaluasie,” sê mev. Maré. “Daarna word ‘n program vir sy/haar bepaalde behoeftes saamgestel.

“Ons spreek die oorsake van leer- en leesprobleme aan, nie die simptome nie, en juis daarom is ons in staat om leer- en leesprobleme effektief op te los.

“Die mees algemene oorsaak is swak kognitiewe vaardighede soos konsentrasie, ouditiewe prosessering, visuele geheue en logiese denke. Deur hierdie vaardighede te ontwikkel en te outomatiseer, kan die lees- en leerprobleem reggestel word.”

Die kinders word in groepe ingedeel volgens vaardigheid en nie volgens ouderdom nie.

Internet kameras en opgekoppelde rekenaars stel die Edublox-hoofkantoor in Pretoria in staat om gehaltebeheer toe te pas om te verseker dat positiewe resultate deurgaans behaal word.

Mev. Maré sê vordering kan reeds binne enkele weke opgemerk word, maar daar word aanbeveel dat klasse vir ten minste ‘n jaar bygewoon word.

Klasse word weekmiddae en op Saterdae aangebied.

Vir meer inligting skakel (016) 423-7215 of besoek die Edublox webtuiste by www.edublox.co.za

Share Button

Leave a Reply

avatar
  Subscribe  
Notify of
Skip to toolbar