fbpx

Onthou Tog! Geheue Is ‘n Vaardigheid, Nie ‘n Gawe Nie

Human BrainDie media dwing aanvullings op ons af; winkelrakke kreun onder die druk van botteltjies en blikke, pille en poeiers om ons verstand te verhelder en ons geheue te versterk. Boere wat organiese landbou beoefen sê weer ons heil lê in die bloubessie. En dit terwyl die ontwikkeling van ‘n skerp, betroubare geheue soos liggaamsbou werk: mens moet dit oefen.

Dat oefening nodig is vir ‘n goeie geheue, is niks nuuts nie. Die Grieke, en later die Romeine, het van die skerpste geheues in mense heugenis ontwikkel. Die kuns van welsprekendheid was toe in ‘n bloeitydperk en diegene wat dit beoefen het, het gedissiplineerde ontwikkeling van die geheue baie hoog aangeslaan. Onthou, in daardie tyd was daar nie papier nie; mense kon nie sommer notas maak om later na te verwys nie. Toesprake is aan die geheue toevertrou en regsgeleerdes moes eenvoudig onthou-werk doen om in die hof te kon optree. Digters kon die belangrike rol wat hulle daardie tyd in die gemeenskap vervul het, suksesvol uitvoer omdat hulle daarop kon staatmaak om ellelange versreëls uit hul geheue op te roep.

Vandag is daar baie eksterne hulpmiddels wat, onder andere, daarop gemik is om ‘n goeie geheue te vervang. Ons vertrou sakrekenaars, selfone, ‘swartbessies’, rekenaars en die internet vir onmiddellike toegang tot inligting, met die gevolg dat ons bitter min kans het om ons geheue in stand te hou, wat nog te sê te oefen en ontwikkel. Die effek van ‘n onontwikkelde geheue kan daartoe lei dat ons kinders op skool onderpresteer.

Navorsers aan die Durham Universteit het na aanleiding van ‘n opname met meer as drie duisend leerders bevind dat, wat as lae intelligensie by onderpresteerdes beskou word, moontlik net swak werkende geheue is.

Werkende geheue is die vermoë om inligting in die brein te hou en verstandelik te manipuleer. Mens gebruik hierdie werkplek in jou brein wanneer jy twee getalle moet optel sonder die hulp van pen en papier of ‘n sakrekenaar, of wanneer jy byvoorbeeld ‘n telefoonnommer, PIN-nommer, webadres of motorregistrasienommer moet onthou.

Belangrike inligting word deur herhaling en gereelde herroeping geleidelik uit die werkende geheue na ons langtermyngeheue oorgeplaas. Waar werkende geheue beperk is en inligting redelik vinnig verloor, kan langtermyngeheue onbeperkte hoeveelhede inligting onbepaald huisves.

Die Durham-navorsingspan het bevind dat tien persent skoolgaande kinders, alle ouderdomsgroepe in ag geneem, aan swak werkende geheue ly. Dit is ‘n toestand wat ‘n ernstige negatiewe impak op hulle leervermoë het. By gebrek aan behoorlike ingryp kan dit gebeur dat die effek van swak werkende geheue kinders se akademiese sukses tot in hulle volwasse lewe kan beperk; uiteindelik kan dit daartoe lei dat ons kinders nie hulle volle potensiaal bereik nie.

By Edublox volg ons ‘n holistiese benadering. Ons ontwikkel nie net werkende geheue en langtermyngeheue nie, maar ook visuele en ouditiewe geheue, splyt-, korttermyn- en reeksgeheue.

Share Button

Leave a Reply

avatar
  Subscribe  
Notify of
Skip to toolbar