fbpx

Simptome van ‘n Leesprobleem

Lees word beskou as die belangrikste vaardigheid wat ‘n kind op skool moet bemeester, omdat hy moet leer om te lees sodat hy kan lees om te leer. Die implikasie hiervan is dat die kind wat ‘n goeie leser is ook ‘n goeie leerder sal wees.

Ongelukkig is daar miljoene kinders dwarsoor die wêreld wat sukkel om te leer lees, en die realiteit is dat ‘n groot deel van hierdie kinders volwassenes met leesprobleme word.

Leesprobleme kan reggestel word 

Die eerste stap is om ‘n leesprobleem te identifiseer. ‘n Ouer wat enige van die simptome, wat hieronder beskryf word, in sy of haar kind opmerk, behoort te weet dat die kind hulp nodig het:

  1. Die heel eerste simptoom, wat baie maklik is om raak te sien en algemeen voorkom, is omkerings: letters soos b en d of p en q wat verwar word, of woorde wat heeltemal omgekeer word, wat in spieëlskrif gelees en geskryf word, soos kinders wat ‘tak’ lees as daar eintlik ‘kat’ staan.
    .
  2. Die tweede een is weglatings – wanneer ’n kind ‘staf’ lees of skryf terwyl die woord eintlik ‘straf’ is.
    .
  3. ’n Volgende een is kinders wat letters in verkeerde volgorde plaas: kinders het die regte letters beet, maar plaas hulle in die verkeerde volgorde. Hulle skryf of lees bv. ‘snik’ vir ‘niks’.
    .
  4. Hulle mag klein woordjies verkeerd lees, byvoorbeeld ’n vir nie, vir i.p.v. van. Hulle het dikwels geen probleem met groot woorde nie, kan selfs die woord ambulansbestuurder lees, maar sukkel met klein woordjies.


  5. Kinders wat hulle plek verloor, wat gedisoriënteerd raak en dan reëltjies mis, of herhaal wat reeds gelees is.
    .
  6. Hardoplees is hakkelrig, stadig, woord-vir-woord, monotoon.
    .
  7. Kinders probeer die letters van die woord klank, maar kan dan nie die korrekte woord sê nie; sal byvoorbeeld die letters ‘k-a-t’ klank, maar dan ‘koud’ sê.
    .
  8. Hulle lees met swak begrip: kinders lees somtyds goed, hulle woordherkenning is fantasties, maar hulle weet nie wat hulle gelees het nie.
    .
  9. Hulle lees-geheue is swak: hulle onthou nie veel wat hulle gelees het nie.
    .
  10. Hulle ignoreer gereeld leestekens, laat punte en kommas uit; alles word net aaneen gelees en die sin het geen begin of einde nie.
    .

Daar is natuurlik ander simptome, maar hierdie 10 is waarskynlik van die algemeenste.

Partymaal neem dit lank voordat iemand bewus raak van ‘n leesprobleem. Sommige kinders slaag daarin om vir ‘n lang tyd hul onvermoë om te lees weg te steek. Hulle vra die ouer om vir hulle ‘n bladsy voor te lees, en dan “lees” hulle dit daarna. Wat in werklikheid gebeur, is dat hulle die stukkie memoriseer terwyl die ouer dit lees, en dan herhaal hulle dit eintlik volgens geheue. Dit is eers later, wanneer die leeswerk wat hulle moet doen, te veel word om suksesvol te memoriseer, dat hulle onvermoë om te lees openbaar word.

Om sulke situasies te voorkom is dit belangrik dat opvoerders – ouers en onderwysers – op die uitkyk is vir die simptome van ‘n leesprobleem. Kontak jou naaste Edublox-tak vir ‘n formele assessering en hulp.

Share Button

Leave a Reply

avatar
  Subscribe  
Notify of
Skip to toolbar