fbpx

Smoor Leerprobleme Betyds in Kiem

LeerproblemeHierdie artikel het verskyn in Beeld op 3 Augustus 2016:

Wanneer ouers nalaat of uitstel om aandag aan ’n kind se leerprobleme te gee, het dit verreikende gevolge. Edublox se wiskunde-lees-en-leerkliniek waarsku dat ouers wat besluit om ’n kind met leerprobleme te weerhou van hulp, nie die negatiewe finansiële implikasies van so ’n besluit moet onderskat nie.

Wanneer ’n kind ’n graad moet herhaal, het dit ’n finansiële impak op die gesin, asook negatiewe akademiese, sosiale en emosionele gevolge vir die kind.

“Terwyl ouers geneig is om maklik geld te bestee aan stokperdjies of sportaktiwiteite waarin hulle kinders uitblink, vind hulle dit dikwels moeilik om te erken dat hul kind akademies sukkel. Dit is dus nie ‘n prioriteit om te begroot vir hulp nie,” sê Susan du Plessis, direkteur van opvoedkundige programme by Edublox.

“Ouers stel uit om aandag aan hul kinders se akademiese probleme te gee en neig om vas te hou aan die hoop dat die volgende rapport beter gaan lyk. Kinders se programme is gewoonlik ook so volgepak met buitemuurse aktiwiteite dat daar dikwels min tyd is vir huiswerk of ekstra klasse,” sê Du Plessis.

“Kinders betaal gewoonlik ’n hoë prys wanneer hulle nie in staat is om te voldoen aan die akademiese standaard wat van hulle verwag word nie,” sê sy.

“Benewens die feit dat dit hulle daarvan weerhou om hul droomloopbaan te volg, ontwikkel hulle dikwels ook emosionele probleme wat sielkundige skade tot gevolg kan hê.”

Dr. Marianna Alesi het in haar navorsing soos gepubliseer in die Journal of Psychological Abnormalities, bevind dat studente wat herhaaldelik misluk — soos kinders met leerprobleme — meer geneig is tot angs en vermydende gedragspatrone. Volgens Alesi veroorsaak dit ’n kringloop wat ‘n kind se selfwaarde knou en dit kan ’n negatiewe invloed op alle aspekte van sy toekomstige ontwikkeling veroorsaak.

Ouers onderskat dikwels die waarde van doeltreffende, wetenskaplike, oplossingsgerigte programme vir kinders met leerprobleme.

Onlangse navorsing deur Old Mutual dui aan dat ’n kind wat ’n skooljaar herhaal, ’n gesin om en by R37 000 aan skoolverwante koste uit die sak kan jaag. Dit sluit nie kos, vervoer en ontspanning in nie.

“Wanneer ons kyk na die bykomende koste om ’n skooljaar te herhaal, is die eenvoudige, ekonomiese keuse om in die oplossing van leerprobleme te belê,” sê Du Plessis.

Ouers wat begaan is oor die bekostigbaarheid van gespesialiseerde hulp, word aangemoedig om opnuut hulle maandelikse begroting in oënskou te neem en hul uitgawes anders te prioritiseer deur gebruik te maak van die verskeidenheid aanlyn begrotingsrekenaars, of deur ’n finansiële adviseur te raadpleeg.

Alida Smit is ’n ouer wat kan getuig van die sielkundige en finaniële voordele daaraan verbonde om betyds hulp te soek by ’n vooraanstaande leer-en-leeskliniek.

Vandag is sy self ’n eienaar van so ’n kliniek, maar aanvanklik het sy gesukkel om haar seun, wat gediagnoseer is met disleksie, geholpe te kry.

“Toe ons uiteindelik by die regte organisasie beland, het sy houding teenoor leer en lees heeltemal verander en sy selfbeeld het drasties verbeter. As ek maar vroeër hulp kon kry, sou dit baie goedkoper gewees het en die emosionele impak baie minder.

“My dogter het later dieselfde simptome ervaar, maar ek kon dadelik vir haar die regte hulp kry. Dit was nie net aansienlik goedkoper as om talle opsies sonder sukses uit te toets nie, maar sy het baie vinnig verbeter en nie soos haar broer ’n emosionele wipplank gery nie.”

Ouers beleef deesdae geweldige finansiële uitdagings en moet koste besnoei net waar hulle kan. Die finansiële gevolge van ’n sukkelende kind word baie keer misgekyk, aangesien ouers voel hulle kan nie hulp bekostig nie. Du Plessis stel voor dat ouers wat wil geld spaar, die beskikbare hulpprogramme ondersoek en een kies op grond van historiese sukses, volgehoue kwaliteitsbeheer en ’n realistiese tydsverloop voordat daar verbetering sal wees.

“Die beste oplossing vir ouers is om so gou moontlik hulp te kry. Smoor leerprobleme in die kiem; dit is sinvol uit ’n finansiële oorweging, en dit bou jou kind se selfvertroue,” sê Du Plessis.

“Die tydelike finansiële opoffering om jou kind se probleme op te los, is in der waarheid ’n langtermyn- emosionele en opvoedkundige belegging in jou kind se sukses.”


Beeld Artikel

Share Button

3
Leave a Reply

avatar
2 Comment threads
1 Thread replies
0 Followers
 
Most reacted comment
Hottest comment thread
3 Comment authors
Bertha LazarusadminKaren Lotter Recent comment authors
  Subscribe  
newest oldest most voted
Notify of
Karen Lotter
Guest

Wat het Alida Smit gedoen met haar seun wat so gesukkel het? Dadelik aan Edublox bekend gestel of daai “moeilike” pad word glad nie genoem nie? Dalk word dit nie genoem nie; vir “n rede – om Edublox te bemark in hierdie artikel? Wat van as jou kind so astrant is dat hy NIE hulp wil hê nie al het ouers die fondse?

Bertha Lazarus
Guest
Bertha Lazarus

Goeie dag,

My seun is tans in gr 7 en sukkel om te leer, het al talle kere by die skool gevra dat hulle hom hulp moet verleen oor hoe om te leer, maar niks het daarvan gekom nie. Wat kos dit om hulp vir hom te kry, want ek weet die werk in die Hoërskool is baie meer as wat hulle op laerskool het.

Skip to toolbar