fbpx

Studiemetodes wat Jou Leer Hoe om Slimmer te Werk, Nie Harder Nie!

Elke eksamentyd gebeur dit — baie leerders se mae trek sommerso op ‘n knop van die eksamenkoors en senuwees. Hulle weet nie reg hoe hulle moet leer nie en die tyd begin hulle inhaal. ‘n Kursus soos Studiblox, wat ‘n leerder die vaardighede gee om die nodige kennis betyds in sy kop te kry, is dus onontbeerlik.

Geskikte kandidate vir ons Studiblox-kursus is Gr 4 – 9 leerders, wat wil leer om studietegnieke en –metodes effektief toe te pas. Die volgende leerareas word gedek:

Module 1:
Die MUD model is ‘n gids oor hoe dinge geleer kan word. Die afkorting ‘MUD’ staan vir “Memory”, “Understanding” en “Doing”.

Module 2:
Kapstokke (“mnemonics”) is geheuetegnieke wat reeds duisende jare gebruik word om die geheue te ondersteun.

Module 3:
Breinkaarte (“mind maps”) kan gebruik word vir die neem van notas, om opsommings te maak en vir hersiening, om kreatiwiteit te bevorder en om probleme uit te sorteer.

Modules 4-7:
Leer om opsommings te maak deur sleutelwoorde in sinne en hoofgedagtes in paragrawe uit te ken. Sodoende kondenseer mens leermateriaal na ‘n aanvaarbare hoeveelheid wat studietyd verminder. Leer ook hoe om ‘n vraestel te beantwoord.

Modules 8-10:
Leer om opstelle te skryf, en praatjies uit te werk en aan te bied. Om kreatief te dink en skryf is nie ‘n ingebore talent nie, maar ‘n vaardigheid wat met oefening ontwikkel kan word.


Kommentare:

From: Jan van Rensburg [mailto:cartrid………..il.com]
Sent: Thursday, December 12, 2013 1:25 PM
To: ‘Marelize Odendaal’
Subject: Terugvoer: Jade van Rensburg

Liewe Tannie Marelize,

Ek wil net dankie sê vir een van die beste ervarings wat ek al ooit gehad het. Dit het my geleer hoe om reg te studeer, praatjies te skryf en hoe om my omgewing en kapstokke te gebruik. Dankie aan almal wat dit moontlik gemaak het en gehelp het om my siening te verander op die manier wat ek gestudeer het!

Ek kan met ‘n geruste hart sê dat my gemiddeld met 6% gestyg het en is nou 80%! My wiskunde het met 23% gestyg!! Afrikaans, Engels, Tegnologie en Natuur Wetenskap het tussen 5% tot 15% gestyg.

Ek dink ek het my Laerskool loopbaan baie goed beëindig en begin hoërskool op ‘n baie goeie noot!!

Nogmaals dankie en ‘n baie geseënde Kersfees!

Groete

Jade van Rensburg


ePos


Studiemedodes


Bronwin


Francois


Emile


 

Share Button

4
Leave a Reply

avatar
1 Comment threads
3 Thread replies
0 Followers
 
Most reacted comment
Hottest comment thread
3 Comment authors
Susan du Plessismignonwillem Recent comment authors
  Subscribe  
newest oldest most voted
Notify of
willem
Guest
willem

wat kos die kursus en waar en wanneer asb?

Skip to toolbar