fbpx

Disleksie in Kinders

08

Mar'19

Disleksie: Van Simptome tot Oorsake tot Oplossing

Die wetenskap van neuroplastisiteit bewys dat die brein wel kan verander. Wat dikwels as disleksie voorkom, is ʼn gebrek aan sekere kognitiewe vaardighede. Indien hierdie kognitiewe vaardighede geoefen word, kan ʼn leesprobleem iets van die verlede wees.

Read More

26

Mar'17

Daar ís Hulp vir Disleksie

Mens hoor en lees dikwels dat disleksie ongeneeslik is: “Dyslexia is like alcoholism…it can never be cured." Die siening dat disleksie ongeneeslik is, is die gevolg van ‘n verkeerde aanname dat die brein nie kan verander nie, laat staan nog verbeter. Mense het lank geglo as daar iets verkeerd is met ‘n persoon se brein, daar niks gedoen kan word om dit reg te maak nie...

Read More

26

May'16

Help, My Kind Het Disleksie (Deel 5)

Die brein is plasties. Dit kán verander en ontwikkel. Disleksie word dus nie veroorsaak deur ‘n permanente probleem in die brein nie, maar deur die boustene — taal, konsentrasie, prosessering, geheue en logiese denke — wat lees en spel vooraf gaan — wat nog nie ontwikkel en vasgelê is nie.

Read More

19

May'16

Help, My Kind Het Disleksie (Deel 4)

Een vaardigheid moet eers vasgelê word voor ons ’n daaropvolgende vaardigheid kan baasraak. Dis soos met ‘n leer opklim: sportjie vir sportjie, anders val jy. Terwyl taalvaardigheid die onderste sportjie van die leesleer is, is kognitiewe vaardighede die volgende een. Daar is ’n hele klomp kognitiewe vaardighede wat onontbeerlik is vir lees en spel.

Read More

12

May'16

Help, My Kind Het Disleksie (Deel 3)

Die situasie van 'n kind met disleksie kan nie verstaan word tensy ons raaksien dat hy ‘n mens is nie. 'n Belangrike kenmerk van die mens is dat hy niks weet en niks kan doen wat hy nie geleer het nie.

Read More

05

May'16

Help, My Kind Het Disleksie (Deel 2)

Navorsing oor disleksie het natuurlik nie agtergebly nie. Soos lankal vermoed, het fMRI-skanderings bevestig dat daar wel verskille tussen die breine van dislektiese persone en mense wat goed kan lees, bestaan. Die oortuiging dat hierdie breinverskille beperk is tot dislektiese persone (dit is swak lesers met ‘n gemiddelde tot bo-gemiddelde IK), het egter in die slag gebly.

Read More

28

Apr'16

Help, My Kind Het Disleksie (Deel 1)

Daar is min dinge wat by ‘n ouer soveel spanning veroorsaak as ‘n kind wat sukkel met lees, spel en skryf. Terwyl die meerderheid kinders dit maklik tot redelik maklik baasraak, is dit ’n heeltemal ander ervaring vir ten minste een uit elke vyf kinders. Vir hulle is dit so moeilik dat die woord “disleksie” dikwels ingespan word om na hierdie erge gesukkel te verwys.

Read More

09

Oct'15

Die Brein is Plasties. En Dis Goeie Nuus

Jou seun het dalk disleksie, jou dogter dalk ADHD. Tot onlangs is dié probleme as verdoemend beskou, maar gelukkig is dit nie meer die geval nie. Vandag weet ons dat die brein plasties is; die brein is vervormbaar en dis goeie nuus vir jou kinders.

Read More

09

Jun'15

Wat Is Disleksie Regtig?

Die term “disleksie” is saamgestel uit twee Griekse woorde dys en lexis wat “swak lees” beteken. Die outydse (en dalk nog populêre) siening is dat disleksie ‘n fisiese versteuring in die brein is wat veroorsaak dat inligting verkeerd verwerk en geïnterpreteer word, wat dan lei tot lees-, spel- en skryfprobleme.

Read More

01

Apr'15

Só Help Jy Jou Kind Met Disleksie

Die historiese siening dat disleksie ongeneeslik is, bestaan byvoorbeeld bloot omdat daar verkeerdelik geglo is dat die brein onveranderlik is. Destyds is geglo as daar iets verkeerd is met ‘n persoon se brein, daar niks gedoen kan word om dit reg te maak nie.

Read More
Skip to toolbar