fbpx

Hulp vir Disleksie

28

Jul'19

Video: Só Word Disleksie Oorkom

Maddie sal nooit kan lees nie, het professioneles voorspel. Mense wat haar geëvalueer het, het gesê hulle het nog nooit tevore disleksie so ernstig soos met haar gesien nie, en dat haar ouers moet probeer om dinge te vind wat Maddie buite akademie mee suksesvol kan wees, omdat sy nooit in 'n akademiese omgewing sal aard nie.

Read More

10

Sep'17

Edublox Bied Hulp vir Leesprobleme, Leerprobleme, Disleksie

'n Kind, wat nie behoorlik kan lees nie, se toekoms is duister. Die swak leser het nie net ‘n agterstand teenoor goeie lesers nie, maar in werklikheid bou hy met verloop van tyd ‘n al hoe groter agterstand teenoor goeie lesers op. Gelukkig is daar hulp! Ons gesels vandag met Alida Smit oor lees- en ander leerprobleme, en hoe om dit te oorkom.

Read More

26

Mar'17

Daar ís Hulp vir Disleksie

Mens hoor en lees dikwels dat disleksie ongeneeslik is: “Dyslexia is like alcoholism…it can never be cured." Die siening dat disleksie ongeneeslik is, is die gevolg van ‘n verkeerde aanname dat die brein nie kan verander nie, laat staan nog verbeter. Mense het lank geglo as daar iets verkeerd is met ‘n persoon se brein, daar niks gedoen kan word om dit reg te maak nie...

Read More

26

May'16

Help, My Kind Het Disleksie (Deel 5)

Die brein is plasties. Dit kán verander en ontwikkel. Disleksie word dus nie veroorsaak deur ‘n permanente probleem in die brein nie, maar deur die boustene — taal, konsentrasie, prosessering, geheue en logiese denke — wat lees en spel vooraf gaan — wat nog nie ontwikkel en vasgelê is nie.

Read More

19

May'16

Help, My Kind Het Disleksie (Deel 4)

Een vaardigheid moet eers vasgelê word voor ons ’n daaropvolgende vaardigheid kan baasraak. Dis soos met ‘n leer opklim: sportjie vir sportjie, anders val jy. Terwyl taalvaardigheid die onderste sportjie van die leesleer is, is kognitiewe vaardighede die volgende een. Daar is ’n hele klomp kognitiewe vaardighede wat onontbeerlik is vir lees en spel.

Read More

10

Jan'16

‘n Verhaal van Hoop

Lameez Armien van Goodwood, Kaapstad, is ʼn ongelooflik trotse en liefdevolle ma met ʼn verstommende verhaal van hoop om te vertel. Haar twee seuns, Jeremiah en Joshua, is ʼn identiese tweeling en is reeds sedert hulle drie weke oud is in haar pleegsorg.

Read More

09

Oct'15

Die Brein is Plasties. En Dis Goeie Nuus

Jou seun het dalk disleksie, jou dogter dalk ADHD. Tot onlangs is dié probleme as verdoemend beskou, maar gelukkig is dit nie meer die geval nie. Vandag weet ons dat die brein plasties is; die brein is vervormbaar en dis goeie nuus vir jou kinders.

Read More

08

Aug'15

Disleksie ― Daar Is Hoop

“Jou kind is dislekties.” Daardie woorde kan ʼn ouer se grootste nagmerrie wees. ’n Ernstige leesprobleem kan as disleksie beskryf word, maar wat belangriker is, is die wete dat hierdie probleme opgelos kan word en dat daar hoop is.

Read More

09

Jun'15

Wat Is Disleksie Regtig?

Die term “disleksie” is saamgestel uit twee Griekse woorde dys en lexis wat “swak lees” beteken. Die outydse (en dalk nog populêre) siening is dat disleksie ‘n fisiese versteuring in die brein is wat veroorsaak dat inligting verkeerd verwerk en geïnterpreteer word, wat dan lei tot lees-, spel- en skryfprobleme.

Read More

01

Apr'15

Só Help Jy Jou Kind Met Disleksie

Die historiese siening dat disleksie ongeneeslik is, bestaan byvoorbeeld bloot omdat daar verkeerdelik geglo is dat die brein onveranderlik is. Destyds is geglo as daar iets verkeerd is met ‘n persoon se brein, daar niks gedoen kan word om dit reg te maak nie.

Read More
Skip to toolbar