Leer Afrikaans: Versamelname
'n Versamelnaam of versamelwoord is ’n selfstandige naamwoord wat ’n versameling dinge van dieselfde soort aandui. Hoewel versamelname na 'n versameling of groepering verwys, is hulle almal enkelvoude.
Read MoreLeer Afrikaans: Dieregeluide
Dieregeluide is werkwoorde wat gebruik word om die geluide wat diere maak te beskryf, soos die die kwetter van voëls of die brul van 'n leeu. Die woorde is dikwels klanknabootsing van die klank wat die dier maak, maar nie altyd nie.
Read MoreLeer Afrikaans: Intensiewe Vorme
Intensiewe vorme is byvoeglike naamwoorde in die versterkende graad en word dus gebruik om 'n byvoeglike naamwoord te versterk. 'n Voorbeeld hiervan is brandarm, wat baie arm beteken.
Read MoreLeer Afrikaans: Persoonsname (120+ Voorbeelde Ingesluit)
'n Persoonsnaam is 'n afgeleide selfstandige naamwoord wat 'n persoon aandui, bv. werker, kunstenaar, Parysenaar, Paarliet, ens. Hier volg 'n lys persoonsname, van a tot z.
Read MoreGratis Afrikaanse Begripstoetse vir Laerskool-leerders
Leerders sukkel dikwels om begripstoetse te beantwoord omdat hulle nie genoeg woordeskat het om die konteks te verstaan nie. Hulle mag ook sukkel as gevolg van 'n leesprobleem, sowel as 'n swak werkende geheue of 'n probleem met logiese denke. 'n Gebrek aan oefening kan natuurlik ook lei tot of bydra tot lae punte.
Read MoreLeer Afrikaans: Homofone
Homofone is woorde wat van mekaar verskil wat die spelling en betekenis betref, maar dieselfde klink as ’n ander woord. Byvoorbeeld, fee verwys na 'n sprokiesfiguur, terwyl vee 'n versamelnaam vir skape en beeste is, maar ook 'n werkwoord kan wees.
Read MoreLeer Afrikaans: Vergelykings
'n Vergelyking is 'n vorm van beeldspraak wat die eksplisiete ooreenkoms tussen die onderwerp en iets totaal anders noem. Dit word gevorm met die woord "soos" of "as".
Read MoreLeer Afrikaans: 300+ Diere-Idiome, Uitdrukkings en Vergelykings
Idiome (ook gesegdes of segswyses genoem) en uitdrukkings is kragtige vorme van beeldspraak wat kleur verleen aan die alledaagse taalgebruik van die moedertaalsprekers van ’n taal, dikwels sonder dat hulle eens daarvan bewus is.
Read MoreLeer Afrikaans: Bybelse Idiome, Spreekwoorde en Uitdrukkings
In die geskiedenis van die Afrikaner is die Bybel as leesboek, leerboek en lewenshandboek gebruik. Dit het tot gevolg gehad dat talle spreekwoorde, idiome en vaste uitdrukkings in die Afrikaanse spreektaal opgeneem is, wat verband hou met die Bybel en die gebruik van huisgodsdiens.
Read MoreLeer Afrikaans: Idiome
Idiome word ook spreekwoorde, gesegdes of segswyses genoem. Idiome het gewoonlik 'n dieper betekenis wat uit die tradisies, geskiedenis en leefwyse van 'n volk gegroei het. Afrikaans is besonder ryk aan idiome; hier is 'n paar voorbeelde.
Read More