Aangrypende Storie: Edublox Resultate Geldig vir Altyd

Hallo Gustav

Ekskuus dat ek nie jou epos geantwoord het nie, ek is deur ‘n rowwe tyd by my werk. Ek het vanaand die validation gedoen en is nou reg om weer te werk met die blokkies. Ek is werklik baie dank aan jou verskuldig.

Ek wil net gou vir jou vertel van ons gesin se pad met Audiblox (ons besigheidsnaam het intussen verander na Edublox).

Toe my jongste dogter (nou 25 jaar oud) in graad 4 was het ek agtergekom sy lees nie op standaard nie. Die skool het gesê ek is verniet bekommerd. Ons het haar egter na ‘n sielkundige in Bloemfontein geneem en hy het vasgestel dat sy disleksies is en aanbeveel dat sy na ‘n spesiale skool in Bloemfontein gaan. Ons het op daardie stadium in ‘n klein dorpie, 200km+ van Bloemfontein gewoon. Ons kinders was almal van graad 1 af in die koshuis en ons het nie kans gesien om haar op daardie ouderdom so ver te stuur nie.

Ek onthou toe dat ek oor Radio Kansel van Audiblox gehoor het, en het gekontak gemaak. Ek en sy het toe vir twee weke in Pretoria gaan bly en elke dag na die kantoor toe gegaan en geleer hoe om met dit te werk. Daarna het ons ELKE naweek en al die vakansies twee en soms meer ure per dag met die blokkies gewerk. Toe sy in graad 7 kom, het sy net versadig geword en het ons opgehou. Sy het haar graad 12 met twee onderskeidings geslaag, haar BA graad in Maatskaplike werk met goeie punte geslaag en wag tans om te hoor of sy keuring het vir haar MA.

Ek het op ‘n stadium gevoel haar lees is so swak, sy gaan nie eers graad 7 deurkom nie! Toe sy haar eerste Harry Potter boek deurgelees het, was ek in die wolke en sy het nog nooit weer ophou lees nie.

Ek is nou 60 en is baie bekommerd oor my verstand. Ek was so dankbaar toe ek van Compublox gehoor het, want toe kon ek myself op die rekenaar help.

Ek doen dit hou al ‘n hele klomp jare en geniet dit baie.

Daarom weer ‘n groot dankie dat jy op my moedelose epos gereageer het.

Vriendelike groete

Annemarie*

 

 

* Naam verander, en die naam van die dorpie waar die kliënt gebly het, is weggelaat.

Share Button

Annemarie Moeder

Setup Menus in Admin Panel

Skip to toolbar