fbpx

Aangrypende Verhaal: Edublox Resultate Geldig vir Altyd

Marie-Louise en Elize

Hallo Gustav

Ek wil vir jou vertel van ons gesin se pad met Audiblox (ons besigheidsnaam het intussen verander na Edublox).

Toe my jongste dogter (nou 25 jaar oud) in graad 4 was het ek agtergekom sy lees nie op standaard nie. Die skool het gesê ek is verniet bekommerd. Ons het Marie-Louise egter na ‘n sielkundige in Bloemfontein geneem en hy het vasgestel dat sy disleksies is en aanbeveel dat sy na ‘n spesiale skool in Bloemfontein gaan. Ons het op daardie stadium in ‘n klein dorpie, 50 km van Kroonstad gewoon. Ons kinders was almal van graad 1 af in die koshuis en ons het nie kans gesien om haar op daardie ouderdom 250 km ver na Bloemfontein te stuur nie.

Ek onthou toe dat ek oor Radio Kansel van Audiblox gehoor het, en het gekontak gemaak. Ek en sy het toe vir twee weke in Pretoria gaan bly en elke dag na die kantoor toe gegaan en geleer hoe om met dit te werk. Daarna het ons ELKE naweek en al die vakansies twee en soms meer ure per dag met die blokkies gewerk. Toe Marie-Louise in graad 7 kom, het sy net versadig geword en het ons opgehou. Sy het haar graad 12 met vier onderskeidings geslaag, haar BA graad in Maatskaplike Werk met goeie punte geslaag en is besig met haar MA-graad in Maatskaplike Werk (Spelterapie).

Ek het op ‘n stadium gevoel haar lees is so swak, sy gaan nie eers graad 7 deurkom nie! Toe sy haar eerste Harry Potter boek deurgelees het, was ek in die wolke en sy het nog nooit weer ophou lees nie.

Ek is nou 60 en is baie bekommerd oor my verstand. Ek was so dankbaar toe ek van Compublox (die nuutste weergawe is Edublox Aanlyn Tutor) gehoor het, want toe kon ek myself op die rekenaar help.

Ek doen dit hou al ‘n hele klomp jare en geniet dit baie.

Vriendelike groete

Elize


Video-weergawe:

Share Button

Elize Marie-Louise se moeder

Skip to toolbar