fbpx

Afrikaans Verbeter van 85% tot 94%, Engels van 80% tot 87%

Isané

Isané Bezuidenhout is in Graad 6 in Laerskool Villieria. Ek het haar in die begin van 2017 ingeskryf vir studiemetodes. Met die assessering is daar egter agtergekom dat sy van die letters in haar woorde omruil. As gevolg hiervan het ek haar ingeskryf by Edublox vir een klas per week vir een jaar.

Sommer van die begin was daar verbetering in haar spelling en sy het storieboeke begin lees buite skoolverband. (Dit bly egter nog ‘n kommer vir my aangesien sy glad nie genoeg lees nie.)

Haar leespunt, luistertoetse en begripstoetse het baie verbeter van die eerste tot die derde kwartaal. Dit het ook ‘n positiewe invloed op haar Engels gehad.

Sy verbeter in Afrikaans van 85% tot 94%, Engels van 80% tot 87% en het die derde kwartaal heeltemal by haarself geleer vandat sy die studiemetodes in Jan 2017 gedoen het. Sy het na die derde kwartaal definitief meer selfvertroue om by haarself te leer.

Ek sal Edublox vir enige ouer aanbeveel. Dit is nie net vir die outjie wat vreeslik sukkel nie, maar ook vir daardie goeie presteerder wat net nie hul volle potensiaal kan bereik nie.

Ek en Isane sê baie dankie aan al die personeel van Edublox Waverley.

Groete
Isabel Bezuidenhout


Isané se rapport: 

Share Button

Isabel Bezuidenhout Isané se moeder

Skip to toolbar