fbpx

Akademiese Toekenning vir ‘n Gemiddeld van 80% en Hoër

Aan die begin van Chérie se Gr 7 jaar (2017) was ek bekommerd omdat sy gewoonlik baie lank geneem het om vir ‘n vak te leer tydens toetse en eksamens, baie gou moedeloos geraak het en ek gewoonlik by haar moes sit of haar moes help om te leer vir ‘n toets of eksamen.

Haar punte was nie werklik ‘n rede tot kommer nie, maar ek was oortuig daarvan dat sy beter kon doen as wat haar huidige punte op daardie stadium was.

Ek het besef dat haar werk al hoe meer gaan word in Gr 8 en ek nie die tyd gaan hê om permanent by haar te sit en haar te help leer nie. Sy moes leer om op haar eie oor die weg te kom.

Sy het ook nie regtig op daardie tydstip ‘n spesifieke studiemetode gehad wat sy gebruik het nie, en die metodes wat sy wel gebruik het was nie effektief vir haar gewees nie.

Dit was ook nie goed vir ons verhouding nie want ons albei raak baie maklik gespanne en dan is dit ‘n groot bakleiery.

Chérie het op 24 Maart 2017 begin met haar eerste Edublox-klas. Sy het deurentyd die klasse positief ervaar en nie omgegee om elke Vrydagmiddag haar klas by te woon nie. Ek glo sy het besef wat die voordele was wat die klasse vir haar ingehou het.

Tydens die Edublox-klasse is daar gefokus op die volgende aspekte wat tydens die evaluering geidentifiseer is as probleemareas: ouditiewe geheuespan en visuele geheuespan.

Op 5 Mei het Susan haar gehelp met studiemetodes, wat Chérie ook baie positief ervaar het. Sy het die metode begin toepas en gebruik dit nog steeds met elke eksamen en toets. Sy raak eintlik paniekerig as haar werk nie so opgesom is nie, want dit is al manier volgens haar wat sy kan voorberei en leer vir ‘n toets en eksamen. Op hierdie stadium oorweeg ons dit om haar ook vir die studiemetode-kursus in Januarie 2018 in te skryf. Ons glo dat dit die finale boublok sal wees om toekomstige sukses met hoërskool en verdere studies te verseker.

Eerste wow-oomblik

My grootste verrassing en “wow”-oomblik wat my laat besef het dat Edublox werklik die antwoord is was gedurende ons Junievakansie. Chérie het dit gehaat om enige boek te lees. Dit was altyd ‘n groot bakleiery om haar net sover te kry om ‘n boek vir haar boekverslae te lees en die meeste van die tyd het sy die boek nie eers klaar gelees nie. Susan het tydens ons afspraak na Chérie se evaluering aangedui dat die rede hoekom sy nie daarvan hou om te lees nie is omdat sy nie kan onthou wat sy gelees het nie. Ek het dit nooit besef nie en vir Chérie daaroor gevra waarna sy erken het dat dit wel die geval is.

‘n Week voordat die skole gesluit het, het ek Chérie na Exclusive Books gevat en gesê sy moet ten minste een boek koop wat sy die vakansie kan lees. Tot my groot verbasing was die boek klaar gelees nog voordat ons met vakansie gegaan het. Ek was verbaas, maar het nie eintlik hieroor gedink of gewonder nie.

Die eksamen het goed afgeloop en vir die eerste keer het ons omtent niks baklei nie. Ons albei was rustiger gewees gedurende die eksamen. Ek was ongelooflik dankbaar hieroor, maar selfs dit was nie so “awesome” soos wat volgende gebeur het nie.

Ons het die Vrydag na skool see toe gery en die Saterdag gaan kruideniersware koop vir die vakansie. In die spesifieke winkelsentrum is ‘n groot boekwinkel en omdat ek dol is oor lees moes ek die winkel besoek. Chérie het vir haar nog ‘n storieboek gekoop en min het ons geweet dit sou nie ons enigste en laaste besoek aan die winkel wees nie. Sy het die boek binne twee dae klaar gelees!!!! Ek het besef hier is iets anders aan die gebeur… ek het getoets of sy werklik kon onthou wat sy gelees het en sy kon. Toe besef ek dit kan net Edublox wees wat hierdie verandering kon meebring. Sy wou nog ‘n boek gaan koop… julle besef nie hoe groot my verbasing was nie.

In die twee weke by die see het sy sewe boeke klaar gelees en kon nie ophou lees nie… dit was vyf Afrikaanse boeke en twee Engelse boeke. Vir ‘n verandering is die TV nie baie aangesit tydens ‘n vakansie nie.

Ramsgate Stationers moes vir ons twee Afrikaanse boeke van die uitgewers in die Kaap bestel het. Chérie was nou versot op lees en ek was ongelooflik dankbaar!!!! Ons het nog nie weer baklei oor ‘n boek wat gelees moet word nie… dit is nou op haar versoek dat ons boeke gaan koop. En daar is ‘n nuwe reël: geen boeke word gelees voor toetse en eksamens nie.

Ander voordele

  • Chérie vat nou self verantwoordelikheid vir haar studies. Ek hoef nie meer by haar te sit of haar te help nie, sy gaan op haar eie aan. Ek kan vir niemand verduidelik hoeveel minder my spanning tydens toetse en eksamens is nie. Sy is ook meer ontspanne en ek glo sy voel ook meer in beheer.
  • Ek het reeds aan verskeie familielede gesê dat van al die programme wat aangebied word en wat ons Chérie laat doen het ek niks anders as Edublox sal aanbeveel nie, maar ek is ook dankbaar oor Chérie se ”commitment” om die klasse by te woon en ek glo dit word deur die personeel moontlik gemaak.
  • Ek moes Chérie altyd gehelp het om haar praatjies te skryf. Vandat sy Edublox doen skryf sy haar eie ongelooflike praatjies.
  • Chérie het tydens al drie kwartale in 2017 ‘n Akademiese Toekenning ontvang vir ‘n gemiddeld van 80% en hoër.
  • Chérie het genoeg selfvertroue gehad om aan die Gr 7 Toastmasters by Laerskool Monumentpark deel te neem.

Haar groei en die mate waarin sy onafhanklik geword het die laaste sewe maande is ongelooflik. Haar selfvertroue is baie beter en die manier waarop sy dinge aanpak.

Vir my was die grootste sukses wat Edublox in Chérie se lewe gebring het die feit dat sy dit nou geniet om te lees, wat ook vir my ‘n aanduiding is dat leer vir haar makliker is.

Die tyd wat sy neem om ‘n boek te lees is vir my ‘n ander aanduiding dat sy ook soveel makliker en vinniger op hierdie stadium leer, en dit was my grootste bekommernis toe ek begin soek het na ‘n oplossing.

Ons sal net graag wil hê dat sy die studiemetode-kursus ook nog doen om meer vaardighede daarin te leer sodat dit net nog makliker vir haar kan word.

Ek het haar laaste Engelse praatjie wat sy geskryf het aangeheg. Volgens haar is dit haar beste praatjie.

Lundé Cronje


Chérie se laaste rapport (haar gemiddeld is 85%):

 

Share Button

Lundé Cronje Chérie se moeder

Skip to toolbar