fbpx

Beste Vordering in Graad 3, Top 30 in Graad 4

Danica

Danica is ‘n spesiale dogtertjie met gesondheidsprobleme. Sy was in een van ons plaaslike skole in Gr 2.

Die pediater het aanbeveel dat Danica remediërende hulp ontvang omrede sy ‘n agterstand het, nie net skolasties nie maar ook in mylpale. Sy sal nie in ‘n hoofstroomskool kan aangaan nie, het hy gesê.

Ons is nie naby spesiale skole nie, en om haar in ‘n kosskool op die ouderdom van 8 te sit was nie ‘n opsie nie.

Die skool waar sy toe was, kon nie vir haar die regte onderrig bied wat sy benodig het nie. Ons het haar geskuif na ‘n ander onderrig-instansie wat ook ‘n hoofstroomskool is. Met assessering by die skool moes ons hoor sy moet Gr 2 herhaal. Skryf, praat en lees was vir haar moeilik.

Om die beste vir haar te gee, asook ‘n geleentheid om haarself te bewys, het ons besluit om Edublox te nader en om hulp te vra. Met ondersoek en onderhoud is bevind dat Danica die nodige hulp kan kry by Edublox Phalaborwa.

Sy het so gevorder dat sy NIE haar Gr. 2 herhaal het nie. In Gr. 3 het sy die trofee vir BESTE VORDERING IN GR. 3 ontvang.

Sy is tans besig om Gr. 4 eindeksamen te skryf. Sover het sy elke kwartaal ‘Top 30 Akademies’ gehaal met ‘n gemiddeld van 80% in ‘n HOOFSTROOM SKOOL.

Haar konsentrasie en praat het verbeter, asook haar lees — sy lees meer vloeiend en sonder om te klank. Ongelukkig sukkel ons met die skryf want die handjie raak moeg (a.g.v. gewasse op die senuwee-punte in haar hand).

Ons as ouers is baie dankbaar dat Edublox haar die geleentheid gee om haarself te bewys en uit te styg bo haar omstandighede.

Baie dankie Genè en span. Ons saluut julle.

Saartjie Swart


Danica se pragtige rapporte (83% vir die een en 80% vir die ander):

Share Button

Saartjie Swart Danica se moeder

Skip to toolbar