fbpx

‘n Drastiese Verbetering in Skoolpunte

Feedback.3185717_stdMy kind is gebore met ‘n oogdefek. Sodra hy onder spanning verkeer het, of siek was het die ogies uitgeswaai. Die jaar voordat hy skool toe is, is die probleem herstel tydens ‘n operasie. Omdat ons nie besef het dat die oogspiere geoefen moet word nie, het die een oog se spiere styf geword. Hy het die oog feitlik nie gebruik nie. Die ander oog het moeg geword. Hy het dus moeilik gelees en dus ook geleer. Die gevolg was dat hy belangstelling in sy skoolwerk verloor het en hopeloos onderpresteer het.

In st.4 moes iets dringend gedoen word, want hoewel ek tuis met lees en huiswerk en toetse gehelp het, wou niks help nie. Hy is by die universiteit (UP) getoets en gestuur vir remediërende klasse. Na ‘n jaar was daar nog geen verbetering nie. Ondertussen het hy begin met Engels en Wiskunde klasse. In st. 5 is hy na ‘n sentrum waar leesprobleme hanteer is, ook met nie veel sukses nie. Ondertussen werk ons hard by die huis, maar hy kom op genade deur.

Nou begin sy selfbeeld ook daaronder ly en hy glo hy is dom. Gelukkig gee hy nie moed op nie.

In st.6 gaan dit nou eers hopeloos. Ek help hom elke middag met leeswerk en leer hom opsom. Ek kontroleer al sy werk en het goeie kontak met sy onderwysers. Die hoof is uiters simpatiek en dit is aan hom te danke dat die kind na st.7 mag aangaan, alhoewel hy st.6 gedruip het. Dit is hoofsaaklik te wyte aan die feit dat ek hom vertel het van ons plan om ons kind by die Sentrum vir Disleksie te laat betrokke raak. Ons het hiervan ter hore gekom by die Studieleiding-kliniek van UP.

In Februarie 1993 gaan spreek ons dr. Strydom.

Aan die einde van die eerste kwaartaal is daar so hier en daar in ‘n toets ‘n verbetering. Vanaf die 2de kwartaal begin dit drasties beter gaan. Hier volg ‘n paar punte:

1ste kwartaal2de kwartaal3de kwartaal
Afrikaans27%51%57%
Engels27%57%76%
Wiskunde35%31%45%
Wetenskap65%61%68%
Biologie52%54%57%
Aardrykskunde40%44%60%
Geskiedenis46%56%70%
Kuns56%59%98%
Gemiddeld43.5%51.6%66.4%

.
My kind se selfrespek groei. Die gevolg is ‘n gelukkige kind tuis en veral ook by die skool. Hy geniet die skool baie en werk nou heeltemaal alleen.

Ons is uiters dankbaar oor die vordering en totale verandering van ‘n situasie wat met tye net te veel geword het.

‘n Dankbare Moeder

Share Button

Dankbare Moeder Dankbare Moeder

Skip to toolbar