fbpx

Dubbel en Dwars die Moeite Werd

Leon
Leon

Die rede waarom ons ook met Leon begin het om hierdie kursus te volg, is die inligting wat ons ontvang het by hierdie werkswinkel van die 8ste Junie. Nooit het ons so fyn opgelet bv. omruiling van letters ens. nie. Ons het tot die besef gekom na hierdie werkswinkel dat Leon ook gaan sukkel in die toekoms om te lees en spel, want hy kon nie onderskei tussen sekere klanke soos bv. b en d, asook f en v. Met die oueraand het ek die onderwyseres gevra, maar weereens is daar aan my gesê Leon het geen probleme nie. Maar ons het wel besef ons sal daaraan moet werk.

Die verbetering het binne ‘n paar maande ingetree. Hy het op die oomblik geen probleem meer met die onderskeiding van klanke nie en sy lees het ook verbeter, na my mening vanaf die Junie-rapport waar hy ‘n 4 vir sy lees gekry het na ‘n 5 in die Desember-rapport, lees hy baie goed op die oomblik. U sal merk op sy Desember-rapport staan daar wel dat hy soms nog onnodige foute maak in Wiskunde. Ons is vol vertroue dat dit nog sal verbeter. Dit is presies dieselfde as Louis se probleem. Ons is dankbaar ons kan met Leon vanaf Klas II begin het en glo met hierdie Audiblox sal hy geen agterstand vir elke standerd hê nie.

Leon ondervind nie regtig meer probleme nie ― dalk net die onnodige Wiskunde foute. Ons sal graag wil hê onderwysers moet meet ingelig word oor hierdie klein probleempies vanaf Klas I, dan sal dit werklik groot probleme in die hoër standerds uitskakel.

Ons kan net sê dit is dubbel en dwars die moeite werd om hierdie Audiblox aan te skaf.

Mev R van Niekerk


Leon se skoolpunte vir Afrikaans, Junie 1991:

Skoolrapport Leon 1Leon se skoolpunte vir Afrikaans, Desember 1991:

Skoolrapport Leon 2

Share Button

Mev R van Niekerk Leon se moeder

Skip to toolbar