fbpx

Edublox Doringkloof Help Kyle Beter Lees

Kyle se graad 3 juffrou het ons laat weet om haar te kom sien oor sy vordering. Sy het vir ons vertel dat sy bekommerd is met sy tempo, en dat hy sukkel met lees. Hy kon byvoorbeeld nie woorde lees nie, hy het elke woord gespel ongeag of dit ‘n drie-letter woord of agt-letter woord is. Hy het ook gesukkel met sy klanke.

Ons het oppad huis toe besluit om hom by Edublox aan te sluit. Kyle het kwartaal 3 by Edublox begin klas loop. In ‘n kwessie van ‘n paar weke, kan ons alreeds die verskil sien. Hy lees baie beter! Hy spel nie meer elke woord voor hy dit lees nie en hy herken ook nou sy klanke.

Ek kan nie genoeg dankie sê aan Edublox in Doringkloof vir al julle ondersteuning en bystand nie! Ek beveel Edublox aan vir enige ouer wat voel hulle weet nie meer watter kant toe nie, asook vir dίe wat eenvoudig verbetering in hulle kinders se punte wil sien. Die ondersteuning, aanmoediging en kwaliteit van onderrig sal jy nêrens anders kry nie!

Leonie de Beer
Senior Boekhouer

Lees ook wat Leonie geskryf het oor Jason, Kyle se ouboet…

Share Button

Leonie de Beer Kyle se moeder

Skip to toolbar