fbpx

Edublox Gee Hano die Indentiteit van ‘n Wenner

Hano was nog altyd ‘n besige seuntjie en slimmer as hy kon jy nie kry nie. In 2017 is hy gediagnoseer met ADHD. Ons het nie regtig geweet hoe om dit te hanteer nie, maar het besef ons moet hard werk. So het Hano vele uitputtende dae gehad van Pappa en Mamma wat hom probeer help het soos ons goed dink.

In 2018 het ons groot toets begin – Hano is Gr 1 toe. Hano wou nooit leer lees nie. Hy wou net begin lees, maar hy het vinnig agtergekom dit is nie hoe dit werk nie. Hy het nie verstaan dat daar ‘n leerproses betrokke is nie. Hy het altyd gedink hy gaan die boek oopflap en siedaar, nou kan hy lees! Hy kon nie klank nie en het vreeslik vinnig moedeloos en gefrustreerd geraak — so ook hierdie Mamma. Hano het vinnig moed opgegee en wou nie graag takies voltooi nie. Gelukkig het hy baie ondersteuning en hulp gekry van sy klasonderwyseres wat ons in die proses bygestaan het. Ons het eindelose dae gehad van sukkel en eindelik was genoeg, genoeg!

Ons het te kenne gekom met Edublox… Die wondermiddel vir enige ouer!!

So het Hano begin en na slegs ‘n paar sessies baie verbetering getoon. As Hano moedeloos geraak het en so bietjie negatief was, het Tannie Evette net die regte “touch” gehad om hom weer positief te kry. Na net drie maande kon Hano woorde op sy eie klank en lees. Dit was hemels om die verandering en trots in hom te sien.

Hano se rapport het aansienlik baie verbeter op meeste vlakke soos die sessies voltooi is. Nie net kon hy lees nie, maar sy algemene verstaan van werk, uitvoer en voltooi van werk het verbeter. Na ‘n jaar saam met Edublox, sal ek hul aan enige ouer voorstel!! Nie net het Edublox my kind akademies gehelp nie, maar het hom in die proses ‘n indentiteit gegee van ‘n wenner, en sy selfvertroue het in soveel opsigte verbeter!

Waar ons altyd by Hano moes sit om huiswerk te doen en hom te help, vat hy nou sy boeke en gaan doen self sy huiswerk – want nou verstaan hy.

Hano het geleer om alle struikelblokke wat na sy kant toe kom te hanteer; dit vat nie lank vir hom om ‘n oplossing te kry vir sy probleem nie. Sukkel is nie in sy woordeskat nie. Hy maak ‘n plan; sy laaste uitweg is dan om na Pappa en Mamma toe te kom.

Ek is baie bly dat ek die regte keuse vir my kind kon maak op so ‘n vroeë ouderdom. Edublox het waarlik Hano se lewenspad vir hom soveel makliker gemaak. Met die kennis wat hy nou het kan hy nog ‘n ver pad gaan — met gemak.

Daarvoor sal ons Edublox ewig dankbaar wees.

Riaan en Suzette van Waveren,
Tzaneen

Share Button

Riaan en Suzette van Waveren, Tzaneen Hano se ouers

Skip to toolbar