fbpx

Hannes Ondergaan ‘n Gedaanteverwisseling

Hannes

Hannes is sedert 14 Augustus 2017 op die EASY Program. Ons het besluit om hom in te skryf as gevolg van ‘n klomp redes. Hy was baie ongelukkig by die skool waar hy was. Sy juffrou het ook vir my ingeroep om my mee te deel dat hy moontlik nie die jaar gaan maak nie. Sy boeke was slordig en dit het gelyk asof hy net besluit het om handdoek in te gooi. Hy wou nie eers meer probeer nie. Sy selfvertroue was baie swak en hy het net gevoel “waarom moet ek nog probeer”.

Aanvanklik wou ons nie in die middel van die jaar vir hom van skool verander nie. Nadat ons met Louna gepraat het, het ons toe besluit om hom so gou as moontlik in te skryf vir die program.

Van die begin af was hy baie gelukkig daar. Ek het nie meer nodig gehad om hom te soebat om aan te trek vir skool nie. Ons het ook baie vinnig verandering in sy werk waargeneem. Hy was gemotiveerd om sy werk te doen en sy selfvertroue het verbeter. Ook sy boeke is netjies. Hy was geneig om van sy letters om te draai byvoorbeeld sy “b” en “d”. Deesdae gebeur dit selde. Al sy vakke het groot verbetering getoon. Hy benodig egter nog aandag met sy lees en skryf.

As ek sien wat Edublox in 12 weke aan my kind gedoen het, kan ek sê dat dit elke sent werd is. My kind het ‘n gedaanteverwisseling ondergaan sedert hy by Edublox se EASY Program ingeskakel het.

Elmarie van Breda
17 November 2017

Share Button

Elmarie van Breda Hannes se moeder

Skip to toolbar