fbpx

Gemiddeld Styg met ‘n Hele 10%, vanaf 75% tot 85%!

Riani is 7 jaar oud en ‘n enigste kind (ook in die res van die familie) en is sy almal se liefling. Omdat ek aanvanklik ‘n enkelouer was, is Riani se ouma baie betrokke. Ons het reeds op 5-jarige ouderdom agtergekom dat hierdie dagdromertjie ook konsentrasie probleme het. Volgens haar kleuterskool onderwyseres sou sy nie skoolgereed wees nie en het sy ons verwys na Dr Johan Erasmus in Pretoria, wat haar met ADHD gediagnoseer het. Hy het Ritalin voorgeskryf omdat sy ‘n baie klein dosis moes gebruik en Concerta nie opgebreek kan word nie.

Ons het definitief ‘n verbetering gesien en het sy toe heel gemiddeld gevaar in Graad 1. Hierdie jaar in Graad 2, het ons haar eerste rapport vergelyk met die klasgemiddeld en gevoel dat sy totaal onderpresteer. Sy het 69 vir Lewensvaardigheid gekry wat ver onder die klasgemiddeld was. Sy verjaar eers 16 November – ons was nie seker of dit die agterstand veroorsaak het nie. Alhoewel sy baie intelligent is, het dit nie gereflekteer op haar rapport nie. ‘n Verdere bron van kommer was dat sy b’s en d’s omgeruil het en dit haar baie lank geneem het om te lees. In Wiskunde het sy die korrekte antwoord gekry, maar bv 89 i.p.v. 98 geskryf – nodeloos om te se, is dit dan verkeerd gemerk.

Ouma het uit radeloosheid op die internet begin soek na hulp en op Edublox afgekom. Sy het geskakel en was ons aangenaam verras om te hoor dat hulle ook ‘n tak in Rustenburg het. Janine het haar in April 2018 getoets en bepaal dat sy twee klasse per week moet bywoon. Riani het die klasse baie geniet.

Aan die einde van die tweede kwartaal was ons stom van verbasing. Riani se gemiddeld het met ‘n hele 10% gestyg, vanaf 75% tot 85%. Sy het soveel beter gelees dat sy in Afrikaans vanaf 70% tot 84% gestyg het en in Wiskunde vanaf 76% tot 85%. Waaroor ons die meeste opgewonde was, is dat sy in Lewensvaardigheid van 69% tot 88% gestyg het!! Riani was nie meer die baba in die familie nie, maar ‘n liefdevolle dogtertjie.

In die derde kwartaal was haar punte min of meer dieselfde.

Ons is soveel dank aan Janine se toegewydheid en aan Edublox verskuldig. Dit het Riani se hele lewe verander.

Lizelle Stanvliet

Share Button

Lizelle Stanvliet Riani se Moeder

Skip to toolbar