fbpx

Haar Eksamenvrees Is Verby

Diane

Hoekom Diane ingeskryf is by Edublox

Diane het nog altyd gesukkel met lees maar sy het goed gedoen in die junior grade. In graad 5 het haar punte egter verskriklik geval. Sy het baie gesukkel met lees en uitspreek van woorde. Sy het eksamens gevrees. Ek het haar gevat na ‘n opvoedkundige sielkundige. Haar evaluasie het aangedui dat Diane ‘n bo-gemiddelde intelligensie het, en sodra sy hulp vir haar lees en spel kry, ons dit beslis in haar punte sal sien. Sy het ook aanbeveel dat sy vaardighede kan aanleer om haar te leer om te fokus. Sy ons toe verwys na Edublox wat met al hierdie kan help.

Ons het Diane gevat vir die evaluasie by Edublox wat toe ook bevestig het dat haar lees ongeveer 2 jaar agter is, en toe ook agtergekom dat sy geen kort- of langtermyngeheue het nie en dus baie moeilik leer.

Verbetering

Vordering het stadig begin en ons wou die begin van die jaar moed opgee en gedink dit werk nie, maar het besluit om nog kans te gee.

In kwartaal 2 het Diane meer selfvertroue begin toon met haar voorbereide lees en toesprake (in beide Engels en Afrikaans). Sy het meer onafhanklik geraak en teen die tyd dat ek by die huis kom, is haar huiswerk klaar gedoen. Voorheen het sy gesukkel met haar huiswerk, sy kon van die vrae nie verstaan nie en moes wag tot ek by die huis kom.

Vanaf die 2de kwartaal het ek haar ook gelos met haar eksamenvoorbereiding. Sy het haar eie opsommings gemaak en op haar eie tyd geleer (ek het nie ingemeng nie).

Tot groot verbasing is sy as een van die top 5 kinders in haar klas gekies om aan ‘n Engelse projek (“Publick Speaking”) saam met Woodhill College deel te neem. Sy wou eers nie deelneem en het my gevra om vir die meneer ‘n brief te skryf dat sy nie mag deelneem nie. Ek het dit eers gelos, want dit was haar besluit. Sy het toe uit haar eie besluit om wel deel te neem. Sy het 86% vir die projek gekry en is gekies om aan die gala-aand deel te neem.

Nog verbetering die derde kwartaal 

In die 3de kwartaal was ek baie bekommerd want Diane het amper niks geleer vir die eksamen nie, as ek in die middag by die huis kom het sy klaar geleer. Ek het haar ook gelos en net gewonder wat die rapport gaan sê.

Haar gemiddeld het van 62.36% kwartaal 2, gestyg na 71.89% vir die 3de kwartaal.

Die program werk. Diane kan nou lees, en het die selfvertroue om voor die klas en ook ander mense te praat. Haar geheue het ook baie verbeter en ek glo dit is hoekom sy so goed gedoen het in die eksamen, sonder enige hulp. Sy kan onthou wat in die klas gesê is asook wat sy geleer het wanneer dit by die eksamen kom.

Sy is nie meer bang om eksamen te skryf nie want sy kan nou lees en spel. Haar eksamenvrees is verby. Sy maak nou haar vraestelle klaar in die tyd wat gegee word. Voorheen kon sy nooit klaarmaak nie.

Volgende sal ek haar graag wil stuur vir ‘n studiemetode-kursus wat haar leer om te beplan en ook op te som.

Liana Groenewald


Diane se rapport: 

“Public speaking”-projek:

Share Button

Liana Groenewald Diane se moeder

Skip to toolbar