fbpx

Juhan se Gemiddeld Verbeter met 28%: Van 59% tot 87%!

Ontmoet Juhan Mare:

Lize, Juhan se mamma skryf:

“Juhan het in Mei 2017 met Edublox klasse begin nadat die onderwysers baie bekommerd was oor sy vordering. Sy lees, spelling en wiskunde was ver onder standaard en hy het ook baie gesukkel om te konsentreer. Hy het baie stadig gewerk en het gesukkel om sy opdragte klaar te maak. Hy het ook baie gedagdroom. Ons was regtig baie baie bekommerd en het hom ingeskryf by Edublox.”

Juhan se Graad 1, Kwartaal 2-rapport:
Sy gemiddeld is 59%…

Lize vertel verder:

“Juhan het 2 keer ‘n week Edublox klasse bygewoon en ons kon al ‘n geweldige verbetering aan die einde van die derde kwartaal sien. Sy gemiddeld het gestyg van 59% na 71%. Aan die einde van Graad 1 was Juhan se gemiddeld 87%.

“Juhan is tans in Graad 2. Hy konsentreer baie beter en sy punte is uitstekend. Juhan se skrif, spelling, wiskunde en lees is bogemiddeld. Sy punte en selfvertroue het geweldig verbeter. Baie dankie vir Marina vir haar toegewydheid.”

Juhan se Graad 2-rapport:
77% gemiddeld vir Kwartaal 1 en 87% vir Kwartaal 2!

Volpunte vir ‘n speltoets!

Share Button

Lize Mare Juhan se moeder

Skip to toolbar