fbpx

Kind Boul Vir Juffrou Uit

Ons het agtergekom dat Jason baie sukkel met klanke en lees. Sy onderwyseres het ons ook gekontak en dit bevestig, en daar is gesê ons moet ons regmaak dat hy nie oorgaan graad 2 toe nie omdat hy nog nie reg is vir dit nie.

Vandat Jason by Edublox ingeskakel het, het sy lees ongelooflik baie verbeter asook sy klanke. Hy raak wel nog deurmekaar met die b, d, en p klanke wanneer hy lees en skryf.

Selfs sy skrif het verbeter. Hy begin al leesbare sinne skryf en nie net meer klanke langs mekaar nie. Ons is so dankbaar want ‘n maand terug het sy juffrou nog gesê ons sal hom moet terughou, maar laasweek Dinsdag het sy my gevra om haar gou na skool te kom sien. Sy het gesê sy kon nie wag om my die goeie nuus mee te deel nie. Hy is ge-evalueer Dinsdag met sy lees en klanke en hy het al sy klanke geken behalwe eu en uu, en hy het vlot gelees. Hy gaan ‘n 6 of 7 op sy rapport kry en sy kan hom op grond van dit glad nie vir Jason graad 1 laat herhaal nie. Daar is regtig ‘n baie groot verbetering. Juffrou se woorde was, “jou kind boul my uit”.

Linda Dahms, Polokwane


3 September 2019; voordat Jason by Edublox ingeskakel het: 

22 Oktober 2019; ‘n paar weke later:  

Share Button

Linda Dahms Jason se voog

Skip to toolbar