fbpx

Konsentrasievermoë, Lees en Klank Aansienlik Beter

Sharhida het van die begin van haar skoolloopbaan gesukkel om te konsentreer, te lees, klank en somme te maak. As moeder het ek elke middag met haar gesit en gehelp om haar huiswerk te doen, asook geluister as sy lees. Ons het alles in ons vermoë gedoen om haar te help, maar al ons pogings het nie veel resultate opgelewer nie.

Net toe ons moed wou opgee, hoor ons van Edublox en het begin navraag doen. Finansies om haar in te skryf was ietwat van ‘n probleem, maar met die hulp van Bo kon ons afknyp om ons kind kans op professionele hulp te gee.

Vandat Sharhida by Edublox aangesluit het, doen sy bo verwagting baie goed. Haar konsentrasievermoë het ook aansienlik verbeter, so ook haar lees en klank. Vir ons as ouers is dit belowend aangesien sy maar net kort rukkie (3 maande) by Edublox is.

Al waarmee sy nog steeds sukkel is haar Wiskunde, maar ons vertrou dat dit ook sal verbeter soos tyd aangaan. Ons verstaan en verwag nie dat alles opeens sal verbeter nie.

Baie dankie vir al die opoffering wat julle doen om ons kind op standaard te bring, ons is baie tevrede.

Pieter & Jolene Williams


Sharhida se gemiddeld het verbeter van 49% tot 64%!

Share Button

Pieter & Jolene Williams Sharhida se ouers

Skip to toolbar