fbpx

Lees, Spel, Wiskunde en Konsentrasie Verbeter


Ruaan

Redes vir die gebruik van Audiblox

Ruaan het baie moeilik gelees. Gedurende die eerste ses maande van St. 1 het hy nie eers kans gesien vir die eenvoudigste boekie nie en het na spraak- en arbeidsterapie slegs ‘n 4 (onbevredigend) vir lees gekry. Ek moes nog steeds vir hom voorlees en dan het hy nog elke woord geklank. Hy het woorde soos “bo” as “op” en “nee” as “een” gelees. Hy het ook van regs na links geklank en letters soos “b”, “d”, “p”, “w” en “m” was vir hom ‘n groot probleem. Hy het ook probleme met klanke soos “eu” en “ee” ondervind. Na spraakterapie het hy bietjie minder probleme met klanke ondervind en kon hy ‘n bietjie beter spel, maar het steeds ‘n 3 (bevredigend) op sy rapport gekry.

Vordering

Ons het op 29 Julie 1991 met die Audiblox-program begin en na slegs 4 maande op die program, het Ruaan ‘n 2 (goed) vir spelling en 3 (bevredigend) vir lees gekry. Hy het ook ‘n 1 (uitstekend) vir Wiskunde gekry. Ek was nogtans bekommerd dat Ruaan in St. 2 nie die pas sou kon volhou nie. Hy is in Monumentpark Laerskool – een van die vyf skole met die hoogste standaard in Transvaal. Sy onderwyseres is uiters bekwaam, die kinders werk onder druk en teen ‘n geweldige tempo. Gedurende Januarie 1992 het sy onderwyseres aan my gesê dat sy al 29 jaar skool gee en nog nooit ‘n kind met soveel deursettingvermoë, en ‘n kind wat so gemotiveerd is om bo sy probleme uit te styg, soos Ruaan in haar klas gehad nie. Gedurende die Junie-eksamens het Ruaan ‘n gemiddeld van 71% (een A+, een A, twee B’s, vier C’s) behaal. Ruaan vind geweldig baat by die geheue-oefeninge wat hy doen. Hy het nie tyd om sy werk oor en oor te leer nie en behaal maklik, gedurende die eksamens en wanneer hulle ‘n toetsreeks skryf, tussen 80 en 92%. Na my beskeie mening is daar nie ‘n beter program om ‘n kind se konsentrasie te verbeter nie. Ouboet Jacques het na ‘n paar weke op die Audiblox-program die “Top twintig” by Hoërskool Waterkloof gehaal en spog met akademiese kleure. Ruaan het gedurende die finale eksamens slegs simbole gekry en nie punte nie.

Probleme

Ongelukkig is die kinders nie verlede jaar aangemoedig om op spelling te konsentreer nie. (Daar is aanduidings dat dit hierdie jaar gaan verander.) Ruaan het slegs 6 speltoetse geskryf en aan die einde van die jaar weer ‘n onvoorbereide toets (in sy kladskrif) en het nie sleg gevaar nie. Meeste van die woorde is slegs eenkeer behandel. Sien aangehegte bladsy. Die enigste probleem wat ek nog ondervind is dat Ruaan skryf sonder dat hy op spelling konsentreer, maar dit skryf ek nie aan die program toe nie. Dit is uit en uit die leerplan, wat die skole volg, wat daarvoor te blameer is. Ruaan het ook skielik die erns van die saak besef en ek sien hom gereeld met die woordeboek.

Diens

Die diens by die Sentrum vir Disleksie is uitstekend. Die mense is altyd vriendelik en behulpsaam. Dit is een plek wat altyd terug skakel indien ek nie dadelik gehlp kan word nie. Baie dankie daarvoor.

Ruaan se moeder

Share Button

Ruaan se moeder Ruaan se moeder

Skip to toolbar